Leesvordering:

The Great Escape – Die SA Vlieëniers

Okt 28, 2016

Op 1 November vier die Pole Allersieledag. Ek sal hier in Poznań, Pole na die Vestingpark gaan en die Ou Garnisoensbegraafplaas besoek. Slagoffers van sowel die Eerste as Tweede Wêreldoorlog is hier finaal ter ruste gelê. Ek sal spesifiek ʼn oomblik stilstaan by die slagoffers wat in 1944 deur die Duitse SS en Gestapo vermoor is ná hul probeer ontsnap het uit die Stalag Luft III-kamp. Stalag Luft III is in 1942 deur die Duitse Luftwaffe geopen. Hoofsaaklik lugmagoffisiere van onder andere Engeland, die VSA, Australië en Pole is daar aangehou. Die kamp was geleë naby die dorpie Sagan, vandag as deel van Pole Żagań, omtrent 160 km van Berlyn en die ligging is gekies juis vanweë die sanderige aard van die grond wat enige moontlike poging tot ontsnapping sou verhoed. Die kamp en die ontsnappingsverhaal het veral bekendheid verwerf ná die verskyning van Eric Williams se boek The Wooden Horse (1949) en Paul Brickhill se boek The Great Escape (1950). Die Amerikaanse film The Great Escape, met John Sturges as regisseur, wat in 1963 vrygestel is, is gegrond op ’n verwerking van hierdie twee boeke.

Maar dit is veral vier Suid-Afrikaners se grafte wat my aandag trek. Roger Bushell is op 30 Augustus 1910 in Springs gebore, maar emigreer op die ouderdom van 14 na Engeland. Dit is juis hy wat die meesterbrein agter die “great escape” was. In die lente van 1943 motiveer hy die ontsnappingsgeselskap met die volgende woorde:

“Everyone here in this room is living on borrowed time. By rights we should all be dead! The only reason that God allowed us this extra ration of life is so we can make life hell for the Hun… In North Compound we are concentrating our efforts on completing and escaping through one master tunnel. No private-enterprise tunnels allowed. Three bloody deep, bloody long tunnels will be dug – Tom, Dick, and Harry. One will succeed!”

Die woord “Hun” is afkomstig uit die Eerste Wêreldoorlog en verwys na ’n Duitse soldaat of offisier. So bou hulle dan drie tonnels wat aan 200 manne die kans op vryheid moet bied. Tonnel “Tom” word deur die Nazi’s ontdek en “Dick” dien later as stoorplek vir vervalste identiteitsdokumente en ander klere, maar ook vir die oortollige sand.

“Harry” moes dus uitkoms bied. Die tonnel was 102 m lank en byna 9 m diep. Houtplanke is gebruik om die sand uit die tonnel te hou, ’n pomp is gebou om vars lug in die tonnel in te blaas en ’n spoor met ’n waentjie daarop is aangebring. Gereedskap, ventilasiepype en ook lamphouers is gemaak van die metaal van Klim-poeiermelkhouers. (Klim is “milk” agterstevoor; die Rooikruis het dit verskaf.) Daar het ook heelwat onderhandelings tussen die “kriegies” en Duitse soldate plaasgevind en so kon die vlugtelinge later elektriese drade met gloeilampe in Harry aanbring. “Kriegies” is afkomstig van die Duitse woord “Kriegsgefangene” – krygsgevangene.

Hier is ’n vers wat in Leland Potter se joernaal gevind is terwyl hy in gevangenskap was:

It’s in the cards

You may belong to many Clubs,
You may have a big Heart,
You may wear many Diamonds,
But it takes more than a Spade,
To dig out of a Kriegie camp.

Op ’n ietwat maanlose aand, Vrydag 24 Maart 1944, begin die “great escape”. ’n Paar faktore sorg vir vertraging: met lugaanvalle oor die kamp word die elektrisiteit vir ’n ruk afgeskakel, die ontsnappingsuitgang is vasgevries en Harry se opening strek nie tot in die digte woud langs die kamp nie, wat die situasie uiters gevaarlik maak. Saterdagoggend 25 Maart om 04:55 word die 77ste vlugteling, Leonard Henry Trent van Nieu-Seeland, betrap. Die 76 vlugtelinge sukkel om in die donker die treinstasie se ingang te vind en dié Maart is die koudste in 30 jaar, daarom moet hulle die sneeubedekte woude vermy. Op die ou einde slaag slegs drie daarin om suksesvol te ontsnap: Per Bergsland en Jens Müller van Noorweë maak dit veilig tot in Swede en die Hollander Bram van der Stok vlug via Frankryk tot in Spanje waar hy veiligheid by die Britse konsulaat vind.

Hitler gee opdrag dat 50 van die vlugtelinge doodgemaak moet word.

’n Vers deur ’n anonieme gevangene:

One has gone

We drink to him as comrades must
But it is still the same old story
A coward goes from dust to dust
A gunner from dust to glory.

Die oorblywende gevangenes word teruggestuur na hul onderskeie kampe.

Nog ‘n vers van ‘n anonieme lugmagsoldaat, vasgevang in ‘n kamp (“Uncle Joe” is die naam wat gegee is vir Stalin van die Sowjet-Unie):

The Underground Army Air Corps

With our hands on the Klim can
As we dig thru the mire,
We will go eight feet down men,
And then head straight for the wire,
And when the good work is finished
And we leave one hour hence.
You can bet the way is clear men,
From the barracks to the fence.

As I sit in the cooler
Filled with dust, dirt and grime,
Just two weeks to sweat out man,
Bet I’ll escape for sure next time
With no food or zigaretten
The time does move so slowly
So t’hell with the diggin
I’ll just wait for Uncle Joe.

Die “cooler” waarna daar in die gedig verwys word, was ‘n klein vertrek waarin soldate in afsondering aangehou is as ‘n soort straf.

En so is dit dat ek vassteek voor die grafte van die drie Suid-Afrikaners wat namens die Suid-Afrikaanse Lugdiens geveg het. Luitenant Johannes S. Gouws is op 13 Augustus 1919 gebore. Hy is by Lindau in Duitsland vasgetrek en op 29 Maart 1944 op die ouderdom van 24 deur Gestapo-lid Johan Schneider vermoor. Rupert J. Stevens is op 21 Februarie 1919 gebore. Hy is by Rosenheim vasgekeer en op 24 Maart 1944 ook deur Schneider vermoor, net ʼn bietjie meer as ‘n maand ná sy 25ste verjaarsdag. Albei is in München veras.

Luitenant Clement A.N. McGarr is op 24 November 1917 gebore. Hy is naby Sagan gevang en is op 6 April 1944 vir die laaste keer lewend gesien. Daar word vermoed dat hy deur Gestapo-lid Lux vermoor en in Breslau veras is.

Die lykbusse van 49 uit die 50 slagoffers is ná die oorlog na die Ou Garnisoensbegraafplaas in Poznań verskuif.

Vir die SA vlieëniers
(Stalag Luft III)

Op vreemde grond agter skokdraad
voor geweerlope en blaffende honed.
Wie het saam met julle oor Suid-Afrika gevlieg?
Maande en maande ondergronds gegrawe
om eindelik weer bogronds te sweef.
Koudmoedig het jul braaf deur herinneringe
opgestyg om tydelik te ontsnap.

Op vreemde grond tydelik op vrye voet
geweerlope en blaffende honde ontsnap.
Waar in Suid-Afrika wou julle land?
Etlike dae en minute op vlug
eindelik tot stilstand voor ’n doodloop.
Koelbloedig het jul braaf opgestyg
en vir ewig tydelikheid ontsnap.

Bibliografie: (Geraadpleeg in Oktober 2016)

http://en.wikipedia.org/wiki/Stalag_Luft_III

http://therealgreatescape.com/

http://www.b24.net/pow/greatescape.htm

http://www.elsham.pwp.blueyonder.co.uk/gt_esc/

http://www.findagrave.com/cgi-bin/fg.cgi?page=vcsr&GSsr=1&GSvcid=51774&

http://www.merkki.com/poetry.htm

http://www.stephen-stratford.co.uk/the_50.htm

http://www.ww2talk.com/forum/prisoners-war/12757-50-victims-great-escape.html

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest