Leesvordering:

Grondeisers

Mei 5, 2022

“Let every man, wherein he is called,

therein abide with God.”

“Brothers, let each one remain with God in that condition in which he was

[when he was] called.”

“Stay what you were when God chose you.”

“My liewe vriende, staan julle plek vol juis daar waar julle was

toe die Here julle as sy kinders geroep het.”

1 Korinthiërs 7:24

Ek onthou my nuutopgevuurde, vrygespreekte self so goed! Ons jeugleier by die kerk moes mooi praat om my in my goedbetaalde, standvastige werk te hou, want kiepie wou net alles agterlaat en van Jerusalem tot in Samaria en die uithoeke van die aarde vir almal gaan vertel van Jesus.

Nou wat is dan fout daarmee, mag jy vra?

Ek het dit eers ook nie verstaan nie, en baie jare later sou ek weer in dieselfde slagyster trap, hierdie keer met my man op sleeptou. Dankie tog dat die Here ons motiewe waardig ag om later as offergawe te bring wanneer ons sinne ons (tydelik) verlaat het. 

Daardeur verstaan ek nou dat nie almal geroep is om “ver” te gaan nie. Soms word jou gaan beperk tot die pannekoektafel by die weeklikse kerkmark, of die waterverkoeler op die vyfde vloer waar jy werk, of die tiener wat jou laaste senuwee met ’n uitdagende kyk rek en rek en rek.

Blyers is net so nodig soos gestuurdes.

En as almal gaan, wie sal bly om die ander blyers hoop te gee?

Hier in Engeland is die erfies maar klein en beknop. Dit laat my onwillekeurig verlang na Davidstraat 45 waar ons huis op die een erf was, en rye vrugtebome, beddings vol boontjies en tamaties en aartappels en selfs ’n lappie mielies rondom die dam met boorgatwater, op die ander.

Toe maak die boorlinge ’n plan. As elke huis se erfie dan te klein is, dan vat ons ’n massiewelike stuk onbenutte grond en verhuur daarvan vir elke huis ’n paar vierkante voet om te bewerk.  ’n “Allotment”, word dit genoem.

Daar is gewoonlik nie formele heinings tussen die lappies grond nie, elke huurder respekteer bloot die ander se gebied.

As ek geroep is om te gaan, soos Mattheus, beteken dit nie my lappie grond is méér werd nie.

As ek geroep is om te bly, soos Legio, beteken dit nie my lappie grond is minder werd nie.

Ons lees in Markus 5 dat Legio moeg baklei was teen daardie ding binne-in hom wat hy nie meer in hom wou hê nie. En toe Jesus hom daarvan verlos, wou hy met alle geweld gaan waar Jesus gaan.

“Toe Jesus in die skuit klim, vra die man wat die demoon gehad het Hom baie mooi

of hy nie saam met Hom kon gaan nie.

Jesus wou nie.

‘Gaan huis toe waar jou mense vir jou wag. Gaan vertel vir hulle hoe goed die Here vir jou was en wat Hy alles vir jou gedoen het.’

Die man het nie gestry nie.”

Markus 5:18 Die Boodskap

Ons het op 2 Mei 2019 ons roeping in Engeland begin uitleef. 

Vandag, op die kop drie jaar later, besef ons gereeld, en elke keer met verwondering, hoedat die Here ons nie vroeër hier wou hê nie.

Blyers, bly. As Jesus dit wil, word jy vrygespreek van die verwagtinge van ander mense.

Jou naby-lappie grond het jou nodig.

En gestuurdes … Die Groot Landmeter sal self jou penne inslaan, waar en wanneer alles gereed is daarvoor.

Hy sal jou wys watter grond jou nodig het.

Jou inspirasie vir die week: You’ve already won

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest