Leesvordering:

Groot dinge aan die gebeur in Texas!

Aug 26, 2016

Deur Susan Smit

Texas Potjie het verlede jaar hulle 15de herdenking gevier. Dit het begin in die jaar 2000 toe Fred en Yvonne Reinhardt ‘n paar mense oorgenooi het om saam met hulle “Thanksgiving” te vier. Die Suid-Afrikaanse gemeenskap in Houston het belangstelling getoon om elke jaar bymekaar te kom. Verlede jaar het Fred en Yvonne om gesondheidsredes uitgetree as komiteelede, maar hulle beplan om dit steeds by te woon. Die komiteelede is verantwoordelik vir alle reëlings.

Elke jaar tydens “Labor day weekend”, die eerste naweek in September, is daar groot opgewondenheid, want dit is Texas Potjie! Mense kom van reg oor Amerika, sommige van Suid-Afrika en verlede jaar was daar selfs Suid-Afrikaners van Australië ook. Die meeste mense is egter van Texas. Die grootste aantrekkingskrag is ons kultuur. Mense sien uit daarna om Afrikaans te praat, vure aan te steek, te braai en regte Boerelekkernye te eet, soos biltong, droëwors, boerewors, koeksisters, fudge, beskuit en jaffles om net ‘n paar te noem. Groot suksesse is die Boeremark, Boeresokkie en Sondag se Afrikaanse kerkdiens.

Baie mense neem in spanne deel aan kompetisies. Jy sal name hoor soos Kalahari Kraal, Southern Cross Cookers, Team Zebra, Bakgat Boertjies en Span Tafelberg. Sondag word daar ernstig potjies gemaak en daar is stilte in die kamp; jy wil die lug lekker skerp inasem om die wonderlike aroma van al die potte te kan kry.

Verlede jaar het Texas Potjie meer as 650 mense getrek, maar ons verwag hierdie jaar ‘n rekordgetal Suid-Afrikaners. Dit is ʼn vierdagnaweek waar daar net lekker gekuier word.

Meer inligting is beskikbaar op ons webtuiste by http://www.texaspotjie.com/ of op ons Facebook-blad.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest