Leesvordering:

Grootword-appeltert

Apr 25, 2021

Marinda Kook maak heerlike Grootword-appeltert.

Bestanddele

  • 411 g (1blik) tertappels – gedreineer
  • 2 eiers
  • 190 ml strooisuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 85 ml melk
  • 60 ml botter gesmelt
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 2 ml sout

Metode

  1. Klits die eiers , strooisuiker en vanielje saam
  2. Klits die melk by en dan die gesmelte botter.
  3. Sif die droe bestanddele saam en klits dit alles by die eiermengsel.
  4. Gooi die beslag in ‘n gesmeerde tertbak en druk die appels in die deeg.
  5. Bak vir 30 – 40 minute by 180C

SOUS

Kook 1 blikkie Idealmelk, 125 ml room, 250 ml suiker en 5 ml vanieljegeursel saam totdat die suiker opgelos is.  Gooi dit oor die tert die oomblik as dit uit die oond kom

Meer oor die outeur

Marinda Engelbrecht

My naam is Marinda Engelbrecht en ek het groot geword op ‘n plaas net buite Durbanville. My liefde vir kook, wil ek graag deel. Dit is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige kookblog sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor : hoe maak mens…

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest