Leesvordering:

Gunsteling Suid-Afrikaanse lekkernye en wat dit jou uit die sak sal jaag

Mar 18, 2021

Suid-Afrikaners hou van hulle lekkernye, braaisouse, beskuit en natuurlik Suid-Afrikaanse wyn! Die meeste van dié produkte is ook deesdae aanlyn beskikbaar en daar is ook talle Suid-Afrikaanse winkels in die buiteland in areas waar daar Suid-Afrikaners woon. Een só winkel is Springbok Delights wat in Australië geleë is en deur Reon en Lyndie Wilsenach in 2000 begin is. Dié paartjie het hulle eerste slaghuis en winkel in Sydney oopgemaak en daarna tot 80 winkels, deli’s en restaurante met biltong en boerewors begin voorsien. In 2003 het hulle nog ’n winkel, African Delights, oopgemaak en in 2006 The Biltong Man. In 2007 het hulle so uitgebrei dat hulle omtrent ’n hele sentrum omgeskakel het in ’n Suid-Afrikaanse slaghuis, drankwinkel en ‘n kruideniersware winkel met ’n vars goedere afdeling. Dit wys net hoe groot die aanvraag is vir eg Suid-Afrikaanse produkte! En hulle beste verkopers? Koeksisters, Mrs Balls chutney, All Gold tamatiesous en Ouma beskuit!

Of dit ’n botteltjie Marmite, ’n Nando’s sous, Tennis beskuitjies, rooibos tee, ’n Bar One of selfs ’n Grand Pa is vir die volgende môre, mis almal die produkte wat mens so maklik as vanselfsprekend aanvaar. Wat is die produkte wat die meeste in aanvraag is by Suid-Afrikaners in die buiteland, en wat sal dié produkte jou uit die sak jaag? Hier is ’n lys van produkte:

  • Zoo Cookies, 150g – R65
  • Eet-Sum-Mor koekies – R50
  • Aromat, 75g – R39
  • Mrs Balls Chutney, 1.1kg – R98
  • Nik Naks, 150g – R25
  • Biltong, 1kg gekerf – R880
  • Braaipap, R69 – 2kg
  • Melrose kaassmeer, R250g – R76
  • Jolly Jammers, 200 gram – R47
  • Beskuit, 350g – R99
  • Sjokolades soos Tex, Bar One en Chocolate Log – R25
  • Nando’s sous – R31
  • Disprin (24) – R90
  • Marmite, 600g – R350 – R660
  • Bovril, 125 g – R50
  • Boerewors, 1kg, R224
  • All Gold appelkooskonfyt – R70
  • All Gold tamatiesous, 700ml – R85
  • Amarula Cream, 750ml – R587
  • Black Cat Peanut Butter – R82
  • Lyle’s Golden Syrup – R90
  • Lucky Star Pilchard’s – R85

(Verwysing: Springbok Delights & Expat Shop)

Die pryse wissel natuurlik van land tot land en bogenoemde pryse is waarvoor produkte meestal in Australië voor sal verkoop. Die lys van produkte wat uniek is tot Suid-Afrika, verbaas mens soms. Het jy geweet Monkey gland sous en Dom Pedro’s is eie aan Suid-Afrika en daar is nie werklik iets soortgelyks in die res van die wêreld nie? Dan is daar natuurlik Suid-Afrikaanse nageregte wat die koek vat, soos Cremora tert, Peppermint-Crisp tert, Marmite tert, koeksisters, melktert en malva poeding. 

Slaan jou eie nagereg aanmekaar! Hier is ’n maklike Peppermint Crisp tert resep:

Bestandele

  • 1 blik karamel kondensmelk
  • 250ml dik room (styf geklop)
  • 1 pakkie Tennis beskuitjies
  • 2 blokke pepperment sjokolade van jou keuse (fyn gedruk)

Volg dan die volgende stappe:

  1. Klop room styf
  2. Voeg karamel by en meng goed deur
  3. Plaas ‘n laag tennis beskuitjies, met die roommengsel en dan die fyngedrukte pepperment sjokolade in ‘n bak van sowat 30cm x 20cm.
  4. Eindig met die sjokolade krummels bo-oor.
  5. Sit in die yskas (verkieslik oornag).

Produkte by Springbok Delights:

(Klik hier om Expat Shop op Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek)

Produkte by Expat Shop:

(Klik hier om Springbok Delights op Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek)

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest