Leesvordering:

Help ’n kind om te studeer

Jul 21, 2021

Deur Bernard Pieters

Dit is die tweede jaar van COVID-19, ’n virus wat tot dusver elke persoon in die wêreld geraak het. Dit het elkeen van ons teruggeruk na ons familie en gemeenskappe en weer laat besef wat werklik belangrik is. Armer lande soos Suid-Afrika is harder getref in vergelyking met talle Westerse lande – lande waar inwoners na hul leiers gekyk het vir leiding tydens die pandemie en nie teleurgestel is nie.

Suid-Afrika het onlangs ook onder grootskaalse onluste gebuk gegaan waartydens ondernemings – veral dié van minderhede – geteiken, geplunder en afgebrand is. Die situasie het tot só ’n mate handuit geruk dat die polisie en weermag nie in staat was om orde te handhaaf nie, en gewone landsburgers ook genoop was om toe te tree om hulself, hul gesinne, hul gemeenskappe en hul ondernemings te beskerm. Tans is daar steeds onluste wat noodsaaklike lewensmiddele soos brood en medisyne moeilik verkrygbaar in geaffekteerde gebiede maak.

In hierdie tyd het minderhede saamgestaan en weer eens besef dat die staat nie na hulle gaan omsien of hulle gaan beskerm nie. ’n Gevoel van selfstandigheid en samewerking het tot die uitbou en versterking van gemeenskapstrukture gelei. ’n Gees van federalisme en selfstandigheid het begin vlamvat. Indiërs, Afrikaners, Pakistani’s en ander minderheidsgemeenskappe het rug aan rug gestaan om mekaar te beskerm.

https://www.youtube.com/watch?v=D7-Wrd3iHfA&ab_channel=FoxNews

Minderheidsgemeenskappe het besef dat die streng rasgebaseerde wetgewing en beperkings wat op minderhede toegepas word, hulle meer benadeel as ooit tevore. Gevolglik het minderheidsgemeenskappe besluit dat ons nie ’n slagoffermentaliteit kan bekostig nie. Ons het besef dat ons na onsself moet omsien. Die skep van opheffingsprogramme het reeds op groot skaal begin posvat. Dit bring my by die doel van hierdie skrywe.

https://www.newindianexpress.com/world/2021/jul/15/i-was-in-tears-south-africans-take-stand-against-rioting-2330452.html

AfriForum Jeug het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand ’n studiefonds gestig met die doel om mense in ons minderheidsgemeenskappe op te hef deur opvoeding en opleiding, veral diegene wat tans in informele nedersettings soos plakkerskampe onder die ANC-SAKP-alliansieregering woon. Die langtermyndoelwit is dat daardie studente hulle familie uit armoede kan help lig en die gemeenskap kan inspireer, en sodoende ’n positiewe verskil kan maak in ’n wêreld wat na hoop en gelykheid smag.

In die tyd van COVID-19 benodig ons meer mediese personeel en meer wetenskaplikes om Suid-Afrika op te bou. Ná COVID-19 en die onluste benodig ons boere en entrepreneurs wat voedselsekerheid en nuwe werksgeleenthede kan skep. Ná die grootskaalse onluste benodig ons sterker en meer stabiele gemeenskappe met goeie opleiding en kwalifikasies. Die verligting, verbreking en voorkoming van armoede is van kernbelang.

Ons vra dus nie vir korttermyn- humanitêre hulp nie; ons weet dat ons ons eie probleme moet oplos en nie van Eerstewêreldlande kan verwag om dit vir ons te doen nie. Ons versoek is dat jy dit sal oorweeg om die AfriForum Jeug-studiefonds te ondersteun sodat ons onsself deur opleiding en opvoeding uit armoede kan lig. Ons vra dat jy dit sal oorweeg om nie vir ons die vis te gee nie, maar die geleentheid te gun om te leer hoe om self die vis te vang.

Die skakel na ons studiefonds is https://www.givengain.com/cc/afriforum-jeugstudiefonds/.

AfriForum Jeug is deel van AfriForum, ’n maatskappy sonder winsoogmerk wat ’n Artikel 18A-sertifikaat op aanvraag aan donateurs in Suid-Afrika kan uitreik vir ’n belastingvoordeel. Indien jy nie met ’n donasie kan help nie, wil ek vir jou dankie sê dat jy hierdie artikel gelees het. Jy kan dit gerus met vriende en familie deel sodat meer mense bewus kan word van ons storie van hoop, asook wat ons self hier in Afrika probeer bereik.

* Bernard Pieters is bestuurder van AfriForum Jeug.

Meer oor die outeur

Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig Nuusbrief: 16 September 2021

Kollig Nuusbrief: 16 September 2021

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die...

Die dood van De la Rey

Die dood van De la Rey

Dit is vandeesweek reeds 107 jaar sedert die legendariese genl. J.H. (Koos) de la Rey in 1914 gesterf het. Hoewel hy meestal bekend is vir sy leeueaandeel in die Boererepublieke se stryd teen die Britse magte gedurende die Anglo-Boereoorlog, bly sy dood steeds ’n saak...

Herontdek die lewe van die Leeu van die Wes-Transvaal

Herontdek die lewe van die Leeu van die Wes-Transvaal

Hy word bestempel as ’n Godsman, krygsman, patriot, praktiese leier en vreeslose vegter, maar vir die meeste mense sal Koos de la Rey verewig onthou word as die Leeu van die Wes-Transvaal. Die verhaal van die Leeu, sy lewe voor, tydens en ná die Anglo-Boereoorlog...

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Wêreldwyd vriende

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest