Leesvordering:

#HelpHetta-projek: méér as net fisieke ondersteuning

Feb 16, 2021

Benette Welman

Hetta is ʼn doodnormale 13-jarige meisie. Sy sit langs jou dogter in die graad 8-Lewensoriënteringklas en speel in die onder 14-hokkiespan van die hoërskool. Sy bloos saam met haar klasvriendinne as die matriekseuns verbystap en gesels graag saam met die meisies oor die nuutste modes en haarstyle.

Dis ook hierdie vriendinne en die onderwysers by die skool waarop sy dikwels as haar ondersteunersnetwerk moet staatmaak.

Soms bly Hetta net ʼn week weg van die skool af, sonder om iets van haarself te laat hoor. In hierdie tyd loop sy belangrike toetse en opdragte mis. Onderwysers trek net skouers op omdat geen doktersbriewe ingehandig word nie. Sy mis die skooldans en hokkie-oefening. Sy is selfs afgeskuif na die B-hokkiespan omdat die afrigter moeg is daarvoor dat sy so gereeld oefening mis. Haar selfbeeld en selfwaarde kry ʼn knou omdat sy nie meer saam met haar vriendinne kan gesels oor alles wat by die skool gebeur nie. As mens vir Hetta vra waar sy was, is die antwoord altyd dieselfde: “Ag, sommer dinge by die huis.”

Die waarheid is egter dat Hetta en haar ouers nie sanitêre ware kan bekostig nie. Die afwesigheid van hierdie produk wat die meeste van ons as vanselfsprekend aanvaar, het reusagtige gevolge op skoolgaande meisies se lewens. Daarom het Solidariteit Helpende Hand reeds in 2015 die #HelpHetta-projek van stapel gestuur om hierdie meisies van sanitêre ware en ander noodsaaklike higiëniese produkte te voorsien.

Ons het egter die afgelope jaar bevind dat dit nie genoeg is om net die fisieke behoeftes van die meisies te hanteer; hulle het behoefte aan ondersteuning op ʼn emosionele  en geestelike vlak.

Solidariteit Helpende Hand het in 2020 navorsing gedoen onder die meisies wat deel van die projek is. Die doel van die navorsing was om ʼn profiel van die meisies saam te stel, om die behoefte aan opleiding in verskillende kwessies te ondersoek, en ook die behoefte aan emosionele en geestelike ondersteuning te bepaal.

Daar is bevind dat die gemiddelde Hetta-meisie tussen 10 en 13 jaar oud is. Bykans ʼn derde van die meisies word deur enkelouers grootgemaak word en ʼn kwart van hulle kry geen emosionele ondersteuning van hul ouers nie.

Die meisies het ʼn groot behoefte aan selfverdedigingsklasse. Hulle wil hul leer hoe om verhoudings beter te hanteer en wil meer inligting oor verslawing ontvang. Verder wil hulle aan hul selfbeeld en -waarde bou en geestelik groei en ontwikkel.

Helpend Hand het in Augustus 2020 ʼn WhatsApp-groep vir die #HelpHetta-meisies begin. Hiermee word daar tot ʼn sekere mate aandag aan emosionele en geestelike behoeftes gegee. Ons poog egter om in die toekoms groter aksies van stapel te stuur om hierdie behoeftes te kan hanteer.

Met die #HelpHetta-projek wil ons elke meisie, ongeag haar omstandighede, soos elke ander meisie wat saam met haar in die klas sit, laat voel. Ons wil ons Hetta-meisies op ʼn holistiese vlak (fisiek, emosioneel en geestelik) ondersteun om nie net skool daagliks by te woon nie, maar om in hul totale menswees te ontwikkel en te groei.

Vir meer inligting oor die #HelpHetta-projek en hoe om betrokke te raak, besoek www.helphetta.co.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest