Leesvordering:

Hernuwing van bestuurslisensies: Só doen jy dit aanlyn  

Okt 11, 2018

Die departement van vervoer het onlangs ’n aanlyn stelsel geloods wat voertuigbestuurders in Gauteng in staat stel om ’n tydgleuf vooraf te bespreek om hul lisensies te hernu. Jy kan binne 10 minute ’n afspraak maak en net opdaag op die dag en tyd wat jy gekies het. Die webtuiste stel voor dat jy vir die hernuwing van jou lisensie ’n verslag van ’n geregistreerde oogkundige saamneem om die proses te bespoedig. Jy kan die oogtoets ook by die lisensielokaal aflê as jy dit verkies. Die bevestiging van jou besonderhede is egter ’n wetsvereiste en jy moet daarom steeds die lisensielokaal besoek.

Hoe werk dit?

Stap 1: Besoek online.natis.gov.za.

Stap 2: Dui op die tuisblad aan of jy jou leerling- of bestuurslisensie wil aflê, jou bestuurslisensie wil hernu of ’n afspraak vir die aansoek van jou professionelebestuurspermit wil maak.

Stap 3: Vul jou ID-nommer, voorletters en van in.

Stap 4: Kies jou provinsie (slegs Gauteng is tans beskikbaar as ’n opsie) en daarna toetssentrum. Die volgende sentrums is tans beskikbaar:

  • Centurion
  • Kempton Park
  • Kliptown
  • Kungwini Munisipaliteit
  • Langlaagte
  • Randburg
  • Vereeniging
  • Waltloo
  • Xavier Junction

Stap 5: Kies ’n datum en ’n 20 minute-tydgleuf wat jou die beste pas. Die kalender is direk met die onderskeie sentrums gekoppel en jy sal daarom net tye kan boek wat nie reeds bespreek is nie.

Stap 6: Druk die bewys van jou afspraak, indien moontlik.

Dit is ook baie belangrik om te onthou dat jy op die dag van jou afspraak kontant na die sentrum saamneem.

Die stelsel gaan uiteindelik na ander sentrums in Gauteng uitgebrei word en daarna ook na ander provinsies.

Verwarring oor vorige stelsels

Voor die departement sy eie besprekingstelsel geskep het, het The Online Company enkele sentrums se bespreking vroeër vanjaar behartig. Daar is ook berig dat bestuurders afsprake deur www.onlinecompanysa.co.za kon maak en dat die nuwe lisensies dan teen ’n bykomende fooi na jou gekoerier word. Dit het egter vir enkele maande vlot verloop totdat stakings en interne probleme by sommige sentrums dié webtuiste genoodsaak het om die diens te beëindig. Die webtuiste se besprekingstelsel is verwyder; ’n kennisgewing noem dat dienste nie meer gelewer kan word nie en bevat ’n vrywaring dat die maatskappy nie verantwoordelik is vir regeringsprosesse wat gelei het tot bestuurslisensies wat vir maande lank nie uitgereik is nie.

Met dié aanlyn besprekings hoop die departement om nie net hul diensaanbieding aan voertuigbestuurders te verbeter nie, maar ook om korrupsie te bekamp. Lang rye wat bestuurders naderhand gedwing het om verlof te neem om hul lisensies te hernu, het tot meer en meer tussengangers gelei wat namens ander persone die proses behartig en omkopery gebruik sodat mense nie in rye hoef te staan nie.

As jy jou besonderhede aanlyn invul, sal daar ook ’n kennisgewing verskyn indien jy enige uitstaande fooie of boetes het. Toets gerus die stelsel volgende keer as jy jou bestuurslisensie moet hernu!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest