Leesvordering:

Herontdek die lewe van die Leeu van die Wes-Transvaal

Sep 16, 2021

Hy word bestempel as ’n Godsman, krygsman, patriot, praktiese leier en vreeslose vegter, maar vir die meeste mense sal Koos de la Rey verewig onthou word as die Leeu van die Wes-Transvaal.

Die verhaal van die Leeu, sy lewe voor, tydens en ná die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is deur Kraal Uitgewers in die mees omvattende werk van sy soort saamgevat saam met meer as vyfhonderd treffende foto’s van die Leeu, sy tyd en sy mense. Uit die pen van die bekende skrywer prof. AWG Raath (senior professor aan die Universiteit van die Vrystaat) en met die fyn oog van fotograaf Paul Alberts het die boek De la Rey: ʼn Stryd vir Vryheid die lig gesien.

Hoewel De la Rey sy herinneringe aan die oorlog tot met sy dood op ’n kriptiese wyse begin neerpen het, is die oorlogsherinneringe nooit voltooi nie. Met hierdie notas as basis is De la Rey: ʼn Stryd vir Vryheid saamgestel. Hierdie treffende boek met sy sterk fokus op die honderde digitaal verbeterde foto’s van voor, tydens en ná die oorlog is ’n moet vir enige een wat belangstel in die lewe van die Leeu van die Wes-Transvaal.

De la Rey: ʼn Stryd vir Vryheid is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R340. Besoek Kraal se veilige aanlyn boekwinkel om jou kopie vandag nog te bestel. Klik hier.

Meer oor die outeur

Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: McKennaGray Home Styling and Design

Onderneming in die Kollig: McKennaGray Home Styling and Design

Wêreldwyd se Wêreldgids skep ’n suksesvolle netwerk om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun.  Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net vir...

Stemme en stilte

Stemme en stilte

VRYWARING: Hierdie word nie geskryf om raakgesien te word nie.  Hopelik sal diegene wat my ken weet dat my motief suiwer is. Ons deel die lesse wat ons leer om mekaar te bemoedig en die omvang van God se omgee te deel. Om ‘n people pleaser te wees is ‘n...

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Wêreldwyd vriende

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest