Leesvordering:

Het jy na die VK verhuis? Tyd om jou SA pensioen oor te plaas

Mar 10, 2016

Om geld van Jan Taks af terug te kry, is nie juis iets wat ʼn mens gereeld oorkom nie, veral nie as daai nommertjie rondom R150 000 inklok net deur pensioen oor grense te skuif nie. Maar dis presies wat jy kan verwag as jy jou Suid-Afrikaanse pensioengeld oorplaas na jou VK-pensioen.  

Gee jou pensioen ʼn hupstoot

Kyk byvoorbeeld na Gordon Smith. Gordon het ʼn paar jaar gelede na die VK geëmigreer. Hy het skoon van sy Suid-Afrikaanse pensioen vergeet omdat hy altyd beplan het om na Suid-Afrika terug te keer met aftrede. Maar Gordon het toe die wyse besluit geneem om met cashkows.com te praat oor sy finansies. So het hy uitgevind dat hy kan baat by die herbelegging van sy Suid-Afrikaanse pensioen in die Verenigde Koninkryk. Hierdie voordeel kom in die vorm van ʼn belastingtoegewing van die HRMC wat ontwerp is om diegene wat hul pensioen na die VK skuif, te vergoed.

Twee jaar gelede was Gordon se Suid-Afrikaanse pensioen R2 638 113 (£175 874) werd. Nadat hy advies ontvang het, het hy besluit om sy pensioen oor te skuif. Hy het R796 721 (£53 115) belasting aan die SAID betaal en die netto bedrag van R1 841 392 (£122 759) na die VK oorgeplaas. Daarna het hy die volle bedrag in sy VK-pensioenfonds herbelê en die gevolg was ʼn waardeverhoging van £122 759 tot £191 812. In sterling-terme het Gordon die oorspronklike brutowaarde van sy Suid-Afrikaanse pensioen met £15 938 verhoog deur doodeenvoudig sy fondse vanaf Suid-Afrika na die VK te skuif.

Ten tye van die oorbetaling was die GBP/ZAR 15.00 en Gordon het 45% belasting betaal in die VK.

Terugkeer na Suid-Afrika

Gordon se planne om ná aftrede terug te keer na Suid-Afrika mag dalk na ʼn stok in die wiel lyk, maar dit bied inteendeel verdere voordele. Sy VK-pensioen sal na ʼn goedgekeurde buitelandse skema oorgeplaas word – steeds in sterling – wat hom in staat sal stel om sy pensioen belastingvry in Suid-Afrika te ontvang.

Indien jy dus in die VK bly of werk en aftreegeld in Suid-Afrika agtergelaat het, is dit ʼn wyse besluit om hierdie roete te oorweeg.

Skuif jou geld vandag!

Om te sien of jy voordeel kan trek uit pensioenoorplasing na die VK, besoek gerus ons webtuiste by www.cashkows.com, los vir ons jou kontakbesonderhede en ons sal jou kontak vir ʼn gratis konsultasie.

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest