Leesvordering:

Hierdie week op Carte Blanche

Jan 30, 2018

Op Carte Blanche hierdie week

Die Carte Blanche-span het die jongste oor al die grootste nuusstories in Suid-Afrika. ShowMax se internasionale intekenare kry elke week toegang tot nuwe episodes, kort op die hakke van die M-Net-uitsending.

Het die batebeslagleggingseenheid al enige goeie resultate opgelewer? Sal die DA sy interne magstryd oorleef? Wat is my regte wanneer dit by telebemarking kom? Carte Blanche bekyk al hierdie vraagstukke en antwoord jou vrae ook. ShowMax-intekenare wat oorsee woon, kan elke Dinsdag na ’n nuwe episode van Carte Blanche op hul skerms uitsien.

Eerste slag van die batebeslagleggingseenheid

Hierdie week het die batebeslagleggingseenheid hul eerste aanslag teen McKinsey, die internasionale konsultasiefirma, en Trillian, ’n maatskappy met Gupta-bande, geloods. Die bevel vries bates van R1,6 miljard, maar volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) is dít slegs die begin. Hulle hoop om nóg R50 miljard terug te kry. Suzanne Daniels, die Eskom-beampte wat eerste was om aan te beveel dat hierdie maatskappye die geld terugbetaal en wat kort hierna afgedank is, staan ’n eksklusiewe onderhoud aan Carte Blanche toe. (Vervaardiger: Joy Summers; Aanbieder: Devi Sankaree Govender; Navorser: Tony Beamish)

Jong helde

Dié twee seuns is net 12 jaar oud, maar deur hul onbaatsugtige pogings om die slagoffers van die Kroonstad-treinongeluk by te staan, het hulle die hele nasie se verbeelding aangegryp. Nadat hulle die voorval sien gebeur het, het twee seuns hulle na die toneel gehaas om gewondes te help en hulle het selfs babas en bejaardes uit die trein getrek. Carte Blanche ontmoet die jong Suid-Afrikaanse helde Evert du Preez en Mokoni Chaka. (Vervaardiger: Mart-Marie Faure; Aanbieder: Macfarlane Moleli.)

DA se toekoms

Terwyl die ANC as regerende party ’n herlewing onder die nuwe leierskap van Cyril Ramaphosa ervaar, broei daar moeilikheid onder die opposisieparty, die Demokratiese Alliansie (DA). Van Kaapstad tot Port Elizabeth en tot Johannesburg kwel ernstige interne magstryde die DA. Kan die opposisieparty die politieke implikasies hiervan in die Wes-Kaap en hul sleutelmetropole in die res van die land oorleef? Carte Blanche ontleed ’n party wat oënskynlik in wanorde verkeer. (Vervaardiger: Liz Fish; Aanbieder: John Webb.)

Klipgooi op hoofweë

Dis ’n dodelike praktyk wat dikwels noodlottige nagevolge het. Gauteng en KwaZulu-Natal se brûe bo-oor snelweë beleef ’n nuwe vlaag klipgooiery wat lewens eis en motoriste beseer. Is dit slegs roekelose poetse of is dit deel van ’n onderduimse plan om beseerde motoriste van waardevolle besittings te beroof? (Vervaardiger: Nicky Troll; Aanbieder: Claire Mawisa.)

Telebemarking: Jou regte

Ons raak almal warm onder die kraag oor daardie knaende telebemarkingsoproepe wat vir ons alles van versekering tot selfoonkontrakte aanbied. Plaaslik is dit groot besigheid, met Suid-Afrika wat onder die topvyf lande wêreldwyd tel wanneer dit by gemorsoproepe kom. Maar is dit wettig om ongevraagde krediet aan te bied of om jou privaat kontakbesonderhede op rekord te hou as jy gevra het dat dit verwyder moet word? Carte Blanche vind uit wat jou regte as verbruiker is. (Vervaardiger: Sophia Phirippides; Aanbieder: Macfarlane Moleli.)

Het jy nog nie ShowMax nie?

Kry nou ShowMax »

Let asseblief daarop dat Carte Blanche slegs beskikbaar is vir internasionale ShowMax-intekenare in Andorra, Australië, Oostenryk, België, Kanada, Denemarke, Finland, Frankryk, Duitsland, Griekeland, Ysland, Indonesië, Ierland, Italië, Liechtenstein, Luxemburg, Malta, Monaco, Nederland, Nieu-Seeland, Noorweë, Portugal, San Marino, Spanje, Swede, Switserland, Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika. Alle titels is nie in alle streke beskikbaar nie. ShowMax bring vir jou die beste Suid-Afrikaanse reekse en flieks, van klassieke titels tot die jongste vrystellings, en volledige versamelings tot kindergunstelinge.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest