Leesvordering:

High tea saam met Ronel van Zyl

Aug 20, 2015

As ‘n mens in Engeland woon, word jy dikwels vir tee en high tea genooi en jy is nie altyd seker wat dit beteken nie. Dit kan ‘n verjaarsdag of selfs ‘n huweliksonthaal wees. Dis altyd ‘n spesiale geleentheid waarvoor ‘n mens moet optof.

Ek heg ‘n paar foto’s aan van tees wat ek die afgelope agt jaar bygewoon het terwyl ek in Londen gewoon het.

 

 

Wikipedia:
Corniese cream tea, bestaande uit tee met skons, Devonshireroom en konfyt, in Boscastle
Amerikaanse vingerkos by namiddagtee

Namiddagtee is ‘n ligte ete wat gewoonlik tussen 16:00 en 18:00 geëet word. Die gewoonte het in die 1840’s onder die rykes in Engeland ontstaan. Anna Maria Russell, Hertogin van Bedford, word deur baie beskou as die persoon wat namiddagtee in Engeland verander het in laatmiddagete, hoewel baie glo Charles II van Engeland se vrou, Catherine van Braganza, het tee aan die hof bekend gestel met haar aankoms daar in 1662. Teen die einde van die negentiende eeu het namiddagtee sy huidige vorm aangeneem en is deur sowel die hoër stand as die middelklas geniet: “Die tafel is gedek… net die beste is voorgesit met ‘n vet, pienk roos langs elke koppie; kropslaaiharte, dun snytjies brood en botter en bros koekies wat die oggend gebak is.”

Tradisioneel is los tee in ʼn teepot gebrou en met melk en suiker bedien. Die suiker en kafeïen in die brousel het die arm werkersklas van die 19de en vroeg 20ste-eeuse Engeland versterk teen namiddagneerslagtigheid; hulle het aansienlik minder kalorieë ingeneem en fisies baie meer veeleisende beroepe beoefen as die meeste hedendaagse Westerlinge. Arbeiders het soms ‘n klein toebroodjie of gebakte versnapering (soos skons) by hulle tee gekry wat die oggend vir hulle ingepak is. Die meer bevoorregtes het toebroodjies met luukse vulsels (gewoonlik komkommer, eier en bronkors, vissmeer, ham en gerookte salm), skons (met Devonshire room en konfyt) en gewoonlik koeke en pasteie (soos Battenberg-koek, vrugtekoek of Victoria-sponskoek) saam met hulle tee geniet. In hotelle en teewinkels is kos dikwels op staanders met verskillende vlakke bedien. Soms was daar nie toebroodjies nie, maar brood of skons met botter of margarien, konfyt en ander opsionele smere, of roosterbrood, muffins of plaatkoekies. Met die ontstaan van namiddagtee het Brittanje koekies begin beskou as iets wat in tee gedoop word, ‘n Britse gewoonte wat later oor die hele wêreld versprei het.

Deesdae trakteer mense hulle dikwels met ‘n formele namiddagtee by ‘n hotel of teewinkel.

High tea verwys gewoonlik na die werkersklas se aandete en word tussen 17:00 en 19:00 geëet. High tea bestaan gewoonlik uit ʼn warm gereg gevolg deur koeke en brood, botter en konfyt. Soms is daar kouevleis soos hamslaai. Die term is ongeveer 1825 die eerste keer gebruik en high het verwys na ver gevorderd (soos byvoorbeeld high noon) om aan te dui dat dit later in die dag as namiddagtee geniet is. Dit is hoofsaaklik deur die werkersklas en in sekere Britse dialekte in die noorde van Engeland en Skotland gebruik.

Meer oor die outeur

Ronel van Zyl

’n Passie vir die lewe Ek is ’n Britse Suid-Afrikaner wat in Londen woon en my passie vir Londen, Groot-Brittanje, my geboorteland Suid-Afrika, geleenthede en my reise deel. Ek is ’n vryskutfotograaf en het altyd my kamera by my. Ek glo ’n foto sê baie meer, daarom vang ek graag spesiale oomblikke in beeld vas. Lees Ronel se blog by https://ronelvanzyl.blogspot.com

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest