Leesvordering:

Ho Chi Minh-stad – ‘n Tuiste weg van die huis (vereers)

Mei 5, 2016

Finding Cloud Cuckoo Land –  Reisblog deur ‘n getroude paartjie wat deur Suidoos-Asië reis

Agtergrond

Conrad & Mareli is twee pasgetroudes van sonnige Suid-Afrika. Hulle het onlangs besluit om alles op te pak en deur Suidoos-Asië te gaan toer, beginnende in Viëtnam. Volg hulle storie op hul webtuiste (www.findingcloudcuckooland.co.za) en kyk na hulle foto’s of sê net hallo. Hulle is fotograwe, ontwerpers, organiseerders en is altyd op soek na nuwe geleenthede en avonture. Moenie huiwer om hulle te kontak nie!

 

 

Die paar dae wat ons in Ho Chi Minh-stad was, het ons na ‘n paar besienswaardighede in en om die stad en sy vele distrikte gaan kyk. Die stad self is ‘n belewenis en as jy ‘n fiets of bromponie kan ry, sal ek jou aanraai om een te huur en die stad op twee wiele te verken. Die verkeer in Ho Chi Minh is chaoties, mal, skokkend en ‘n groot gemors, maar te midde van alles is dit kalm en rustig en werk alles. Te midde van die blêrende toeters en ʼn see van walms is daar niemand wat skree, geïrriteerd raak of ongelukke veroorsaak nie. Toeriste-aantreklikhede in die stad is min, maar as jy soos ons is, is ‘n interessante koffiewinkel of pragtige park ook ‘n trekpleister. Ons het in ‘n huis in die Gò Vấp-distrik ingetrek. Dit sal vir die volgende maand, of dalk ʼn bietjie langer, ons huis wees; maar ons wil nie hier vashaak nie, want daar is nog te veel om te ontdek.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest