Leesvordering:

Hoe om aansoek te doen vir ’n slim ID-kaart: Hier is alles wat jy moet weet

Jan 22, 2019

Een van die groot redes waarom die departement die ID-stelsel na slim ID-kaarte omskakel, is om bedrog met ID-dokumente te voorkom. Jy kan nou aansoek doen vir jou nuwe slim ID-kaart, asook jou paspoort, by uitgesoekte kantore van die Departement van Binnelandse Sake of aanlyn via die departement se eHomeAffairs-portaal.

Permanente verblyfpermithouers (buitelandse burgers wat meer as 5 jaar op ’n tydelike permit in Suid-Afrika woon en nou permanente verblyf verkry het) kwalifiseer nie vir ’n nuwe slim ID-kaart nie. Daar sal wel in ’n latere stadium vir hulle geleentheid gee word om aansoek te doen. Dieselfde geld ook vir geneutraliseerde burgers (nie ’n burger by geboorte nie, maar het Suid-Afrikaanse burgerskap verkry).

WAT HET JY NODIG OM DIE SLIM ID-KAART TE KRY?

Tieners van 16 jaar en ouer wat vir die eerste keer om ’n identiteitsdokument aansoek doen:

  • Benodig geboortesertifikaat.
  • Benodig beide ouers se ID-dokumente.
  • Jou eerste identiteitskaart is gratis.

Pensioenarisse van 60 jaar en ouer:

  • Benodig groen staafgekodeerde ID-boek.
  • Benodig huweliksertifikaat of egskeidingsbevel.
  • Vir hierdie ouderdomsgroep sal die nuwe kaarte ook gratis wees.

Bogenoemde geld ook vir almal wat nie in een van dié twee groepe val nie, maar hulle sal R140 moet betaal. Tydens die aansoekproses kan jy gevra word vir ’n bewys van jou woonadres. Indien jy jou ID-dokument verloor het en nou aansoek doen om ’n slim ID-kaart, moet jy ’n polisieverklaring hê.

WAAR KAN JY AANSOEK DOEN OM ’N SLIM ID-KAART?

Jy kan aanlyn aansoek doen op die departement se eHomeAffairs-portaal waar dit moontlik sal wees om jou aansoekvorm aanlyn in te vul en die ondersteunende dokumente in te dien.

Om by ’n bank vir jou slim ID-kaart aansoek te doen, moet jy ’n kliënt wees by daardie betrokke bank.

Die volgende handelsbanke bied dié diens by uitgesoekte takke: ABSA, FNB, Nedbank en Standard Bank. Die Departement van Binnelandse Sake is tans in gesprekvoering met deelnemende banke om hul kapasiteit deur addisionele banktakke te verhoog.

HOE OM AANLYN AANSOEK TE DOEN:

REGISTRASIE – STAP 1: Skep ’n rekening.

REGISTRASIE – STAP 2: Skep ’n wagwoord en verskaf ’n antwoord op ’n sekuriteitsvraag vir indien jy jou wagwoord vergeet.

REGISTRASIE – STAP 3: Verifieer jou selfoonnommer en e-posadres.

AANSOEK – STAP 1: Teken in.

AANSOEK – STAP 2: Skep ’n nuwe aansoek.

AANSOEK – STAP 3: Samestelling van die aansoek.

Binnelandse Sake se aansoekvorm lyk en werk baie soos die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se eFiling-vorm.

AANSOEK – STAP 4: Voltooi die aansoekvorm.

AANSOEK – STAP 5: Laai ondersteunende dokumente op soos aangedui.

AANSOEK – STAP 6: Maak die betaling.

AANSOEK – STAP 7: Maak ’n afspraak.

’n Afspraak is nie nodig indien jy ’n kantoor van die Departement van Binnelandse Sake gaan besoek nie. Jy moet hulle net binne 60 dae vanaf jou aanlynaansoekdatum gaan besoek. ’n Afspraak is wel nodig indien jy jou aansoek deur die bank doen.

AANSOEK – STAP 8: Kies die tak van die bank van jou keuse wat jy wil besoek.

AANSOEK – STAP 9: Kies ’n tydgleuf vir jou afspraak.

AANSOEK – STAP 10: Bevestig jou afspraak en druk die bevestiging.

Wat het jy nodig nadat jy ’n afspraak gemaak het?

  • ’n Afskrif van jou afspraakbevestiging.
  • Jou groen ID-boek.
  • Jou vingerafdrukke sal geneem word en in die biometriese stelsel gevoer word.
  • ’n Foto sal by die bank geneem word – dit is dus nie nodig om vooraf ID-foto’s te laat neem nie.

Mense wat probleme met die aanlynaansoekstelsel ondervind, word versoek om die departement se hulplyn by 0800 601 190 te skakel.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest