Leesvordering:

Hoe om boeliegedrag in vakansietyd hok te slaan

Jun 19, 2019

Gedurende die vakansie is kinders veronderstel om te ontspan en om pret te hê buite skoolverband. Dit is dus ’n kind se tyd om weg te breek van hul daaglikse roetine en om dinge te doen waaroor hulle al die hele kwartaal droom. Soms kan die vakansietyd ook sy eie uitdagings hê en as ’n kind afgeknou word, kan dit vir hom moeilik wees om te weet na wie toe om te gaan wanneer daar nie ’n onderwyser in die omtrek is nie. Hier is ’n paar hulpmiddels wat kinders kan aanleer as hulle ’n boelievoorval in die gesig staar:

  1. Laat jou stem hoor – Dit is baie belangrik om te onthou dat jy vir iemand moet vertel wanneer jy afgeknou Gesels met ’n volwassene wat jy vertrou, soos jou ouers, voogde, familielede, of ’n ondersteuningsgroep soos jou kerk of jeuggroep of die ondersteuningsdiens Childline South Africa (08000 55 555). ’n Ondersteunings­diens is die een manier om kundige advies te kry wanneer jy nie vir iemand wat jy ken om hulp wil vra nie. Die meeste van die ondersteuningsdienste kan anoniem gekontak word, sodat mense nie sal weet dat dit jy is wat hulle kontak nie, en die gesprekke is vertroulik. Ondersteuningsdienste is gewoonlik telefonies, maar sommige ondersteuningsdienste soos Childline South Africa laat jou ook toe om via direkte boodskappe te gesels.
  2. Moenie reageer nie – Dit beteken nie dat jy nie vir jouself moet opstaan nie, maar jy moet ook nie na die vlak van die boelie daal deur hom ook af te knou nie. Dit kan ’n negatiewe spiraal veroorsaak en die situasie vererger. ’n Boelie soek reaksie en wanneer jy nie op sy gedrag reageer nie sal dit hom moontlik frustreer omdat hy niks daaruit kry nie en dan sal hy ook ophou om jou af te knou.
  3. Stoor/hou rekord van bewyse – Hierdie is baie belangrik in jou vakansietyd. Ten spyte daarvan dat onderwysers nie dadelik kan optree nie, sal hulle kan optree sodra die skole weer heropen. Maak seker jy hou boek van wat gebeur het, wie betrokke was, wie die boelievoorval aanskou het, waar dit gebeur het en wanneer dit gebeur het. As jy bewyse soos skermskote van gesprekke het, kan jy dit ook gebruik as bewyse wat vir die onderwyser gewys kan word.
  4. Aanlyn – Wanneer jy ’n slagoffer van kuberafknouery is (m.a.w. jy word aanlyn of op jou selfoon, soos deur WhatsApp-boodskappe, afgeknou), is daar ander stappe wat jy kan volg:
    • Rapporteer – Jy kan die persoon wat jou afknou aan die sosialemediaplatform of selfoonnetwerk rapporteer en hulle sal stappe doen.
    • Blokkeer – Jy kan die persoon wat jou afknou blokkeer en só keer dat hulle met jou in kontak kom. Sosialemedianetwerke en selfoonnetwerke sal inligting oor hierdie onderwerp en hoe om iemand te blokkeer op hul webtuistes hê. Om iemand te blokkeer kan soms anoniem plaasvind en dit is nie permanent nie so as jy wil, kan jy dit gebruik om ’n bietjie afstand te kry – al is dit net vir ’n uur of twee.
  5. Vat dit ’n stappie verder As jy voel dat die boeliegedrag te vêr gegaan het en dat dit in ’n misdaad ontaard het (of dit nou teistering of haatmisdaad is), dan kan jy die polisie kontak. Hierdie is die laaste opsie, maar dit is beskikbaar indien jy dit nodig het. Daar word voorgestel dat jy eers met ’n vertroude volwassene gesels voordat jy hierdie stappe doen. Jy kan die polisie kontak by 10111.
  6. Wanneer jy terugkeer skool toe, vertel ’n onderwyser – Maak seker dat jy ’n onderwyser vertel van wat gebeur het wanneer jy weer ná die vakansie terugkeer skool toe. Die onderwyser sal jou dan die nodige ondersteuning kan bied en optree teen dié wat jou afgeknou het.
  7. Gebruik die tyd – Spandeer tyd saam met jou naaste vriende of werk aan projekte wat jou opgewonde maak en wat jou laat goed voel oor jouself – as dit jou gemeenskap kan help is dit nóg beter. Een idee kan wees dat jy iets doen wat wys dat jy opstaan teen boelies in jou gemeenskap en skool. Deel dit dan met AfriForum deur ’n e-pos na leandie.brasler@afriforum.co.za te stuur.
  8. Moenie jouself blameer nie – Jy verdien nie om afgeknou te word nie en dit is nie jou skuld nie. Dit kan moeilik wees om hierdie te onthou terwyl die afknouery plaasvind, maar jy het nie nodig om verneder te voel nie. Jy is uniek en spesiaal nes jy is!

Wat kan ek as ouer doen as my kind in vakansietyd afgeknou word?

Dit is ongelukkig so dat wanneer die skole sluit, afknouery steeds kan plaasvind. Vandag bestaan daar iets soos kuberboelies ook. Dit beteken dat die boelie saam met die kind (slagoffer) huis toe kan gaan of saam met die kind (slagoffer) met vakansie gaan. Wanneer jou kind met vakansie is, kan dit ouers veral bekommerd maak wanneer die ondersteuningstrukture van die skool nie dadelik beskikbaar is nie.

Wanneer jou kind jou al vertel het dat hy/sy in die vakansietyd afgeknou word, kan jy die volgende stappe volg:

  • Stel jou kind gerus – ’n Kind wat afgeknou word, voel gewoonlik nie in beheer nie. Stel die kind gerus en laat hulle weet dat hulle die regte en dapper ding gedoen het deur jou daarvan te vertel en dat julle saam maniere sal vind om dinge beter te maak.
  • Maak ’n opname van die voorval – Moedig jou kind aan om jou te laat weet as hy op enige manier afgeknou word gedurende die vakansie (of dit nou deur ’n kuberboelie of by die naskoolsentrum is) en maak seker dat jy ’n volledige opname van die voorval maak en neerskryf wat gebeur het, wie betrokke was, waar die voorval plaasgevind het en wanneer dit plaasgevind het. Sulke opnames maak dit makliker vir die onderwysers om te weet wat gedoen kan word wanneer die skool heropen.
  • Wys kinders hoe om veilig aanlyn te verkeer – Wanneer jou kind aanlyn afgeknou word, kan dit vir jou maklik wees om vir hulle te sê om eerder hul selfone of elektroniese toestelle af te sit, maar dit is nie altyd die beste oplossing nie. Dit is beslis nie ’n langtermynoplossing nie en dit kan verhoed dat kinders toegang tot ander ondersteuningsdienste het. Dan sal hulle eerder by hul vriende om hulp vra. Maak eerder seker dat jou kind weet hoe om veilig aanlyn te wees deur hulle met die nodige vaardighede toe te rus: hoe om die boelie te rapporteer, hoe om die boelie te blokkeer en hoe om hulle privaatheidstellings te verander.
  • Kontak die polisie – In sommige gevalle kan afknouery tot misdaad lei – gewoonlik wanneer dit (herhaalde) teistering en intimidasie oor ’n sekere tydperk insluit of as dit haatmisdaad is.

Vir meer inligting oor boeliegedrag en hoe om afknouery hok te slaan, kan AfriForum se teenboeliegids gratis afgelaai word deur op dié skakel te klik: https://www.afriforum.co.za/wp-content/uploads/Teenboeliegids_Digital.pdf.

Meer oor die outeur

Leandie Bräsler

Leandie Bräsler is bestuurder van junior leierskapontwikkeling by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest