Leesvordering:

Hoe om in die buiteland te stem tydens die 2019 Suid-Afrikaanse verkiesing

Feb 26, 2019

Pres. Cyril Ramaphosa het aankondig dat die volgende nasionale verkiesing op 8 Mei 2019 sal plaasvind. Die verkiesing vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland sal egter vroeër plaasvind op 27 April 2019.

Die VEC 10-vorm kan nou ingestuur word, jy het kans tot 13 Maart 2019 om die vorm in te stuur.

Sodra jy jou VEC 10-dokument ingestuur het, kan jy hiér die uitslag van jou aansoek dophou: http://www.elections.org.za/content/For-Voters/VEC-10-application-status/ of jou ID-nommer na 32249 SMS.

Hoe gaan jy te werk om jóú stem te laat tel?

Wat het jy nodig om te kwalifiseer?

Om te kan stem terwyl jy in die buiteland woon moet jy:

  • By die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer wees;
  • In besit wees van ’n geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument;
  • In besit wees van ’n geldige Suid-Afrikaanse paspoort; en
  • ’n VEC 10-aansoekvorm by die OVK indien.

Talle Suid-Afrikaners in die buiteland wat wel geregistreerde kiesers is, het egter die kans om hulle stem in die vorige nasionale verkiesing te laat hoor, misgeloop. Die rede daarvoor is omdat min daarvan bewus was dat hulle die OVK van hul voorneme om te stem in kennis moes stel. Dit is waarvoor die VEC 10-vorm daar is. Hierdie vorm moet binne 15 dae van die aankondiging van die verkiesingsdatum ingestuur word.

Hoe weet jy of jy geregistreer is?

Indien jy in die buiteland woon, maar vir die vorige verkiesing geregistreer was, behoort jy steeds geregistreer te wees. As jy onseker is, volg hierdie skakel om te sien of jy geregistreer is om te stem: https://www.elections.org.za/content/For-voters/My-voter-registration-details/.

Aansoek vir ’n spesiale stemgeleentheid

Hoe moet jy egter maak indien jy steeds in Suid-Afrika woon, maar slegs tydens die verkiesingsdatum in die buiteland is? Jy het die opsie om in die land waar jy dan is te stem, wat gewoonlik so ’n week voor die verkiesingsdag in Suid-Afrika is, of jy kan aansoek doen vir ’n “spesiale stem”. Jy kan vir ’n spesiale stemgeleentheid by jou plaaslike OVK-kantoor aansoek doen wat jou dan sal toelaat om ’n dag of twee voor die nasionale verkiesingsdatum te stem.

Maak seker van jou burgerskap

Wanneer jy emigreer kan jy vir dubbele burgerskap aansoek doen indien jy sou verkies om jou Suid-Afrikaanse burgerskap te behou. Dit is belangrik om te onthou dat jy by ’n ambassade moet gaan aandui dat jy jou Suid-Afrikaanse burgerskap wil behou voordat jou nuwe burgerskap geregistreer word. Indien jy nooit amptelik geëmigreer het nie, maar bloot buite Suid-Afrika woon, kan jou burgerskap ná drie jaar gekanselleer word. Dit is egter moontlik om weer vir jou burgerskap aansoek te doen indien dit gekanselleer is. Slegs Suid-Afrikaners wat amptelik nog burgers van Suid-Afrika is, sal kan registreer om te stem.

Waar stem jy?

Op die aangewysde verkiesingsdag sal jy met jou ID en paspoort (albei dokumente is nodig en moet steeds geldig wees) by jou naaste ambassade, hoëkommissaris of konsulaat-generaal kan stem.

Bly op hoogte

Maak seker jy weet wanneer die verkiesingsdatum aangekondig word deur die OVK op sosiale media te volg:
www.twitter.com/iecsouthafrica
www.facebook.com/iecsouthafrica

Laai die OVK se toepassing af om:

  • Jou adres te verander;
  • Registrasiebesonderhede na te gaan;
  • Aansoek te doen vir ’n “spesiale stem”; en
  • Jou naaste stembus op te spoor.

Die OVK-toepassing kan hier afgelaai word:
https://play.google.com/store/apps/details?id=za.org.elections.iecapp&hl=en_US.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

Deur Leandie Bräsler Tegnologie ontwikkel op ’n daaglikse basis. Dieselfde kan gesê word van kinders se vermoë om te boelie: Boeliegedrag wat eens net op die skoolterrein of op die skoolbus plaasgevind het, het nou beweeg na boeliegedrag deur die gebruik van...

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest