Leesvordering:

Hoe om in die buiteland te stem tydens die 2019 Suid-Afrikaanse verkiesing

Jan 15, 2019

Die Suid-Afrikaanse Verkiesingskommissie het verklaar dat kiesersregistrasie vir Suid-Afrikaanse burgers wat in die buiteland woon vanaf 1 tot 4 Februarie 2019 by alle Suid-Afrikaanse buitelandse missies sal plaasvind.

Registrasie sal plaasvind tydens kantoorure by Suid-Afrika se 120 buitelandse missies, wat hoë kommissariate, ambassades en konsulate wêreldwyd insluit. ’n Volledige lys van Suid-Afrika se missies is beskikbaar op die webtuiste van die departement van internasionale verhoudinge en samewerking (DIRCO) by http://www.dirco.gov.za/webmissions/index.html.

Hoewel die presiese datum van die verkiesing nog nie bekend is nie, is die verwagting dat dit tussen 7 en 31 Mei 2019 sal plaasvind.
Hoe gaan jy te werk om jóú stem te laat tel?

Wat het jy nodig om te kwalifiseer?

Om te kan stem terwyl jy in die buiteland woon moet jy:

  • By die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer wees;
  • In besit wees van ’n geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument;
  • In besit wees van ’n geldige Suid-Afrikaanse paspoort; en
  • ’n VEC 10-aansoekvorm by die OVK indien.

Talle Suid-Afrikaners in die buiteland wat wel geregistreerde kiesers is, het egter die kans om hulle stem in die vorige nasionale verkiesing te laat hoor, misgeloop. Die rede daarvoor is omdat min daarvan bewus was dat hulle die OVK van hul voorneme om te stem in kennis moes stel. Dit is waarvoor die VEC 10-vorm daar is. Hierdie vorm moet binne 15 dae van die aankondiging van die verkiesingsdatum ingestuur word en sal by www.elections.org.za beskikbaar wees.

Die volgende nasionale verkiesing moet voor 4 Augustus 2019 gehou word, maar kan so vroeg as aan die begin van 2019 plaasvind. Sodra pres. Cyril Ramaphosa die datum aankondig, sal VEC 10-dokumente by www.elections.org.za beskikbaar wees. Sodra jy jou VEC 10-dokument ingestuur het, kan jy hiér die uitslag van jou aansoek dophou: http://www.elections.org.za/content/For-Voters/VEC-10-application-status/ of jou ID-nommer na 32249 SMS.

Hoe weet jy of jy geregistreer is?

Indien jy in die buiteland woon, maar vir die vorige verkiesing geregistreer was, behoort jy steeds geregistreer te wees. As jy onseker is, volg hierdie skakel om te sien of jy geregistreer is om te stem: https://www.elections.org.za/content/For-voters/My-voter-registration-details/.

Indien jy nie geregistreer is nie, kan jy bloot aansoek doen om te stem by jou naaste Suid-Afrikaanse ambassade, hoëkommissaris of konsulaat-generaal. Loer hier na ’n lys van ambassades en konsulate waar jy ’n afspraak kan maak: www.dfa.gov.za. Neem jou identiteitsdokument, paspoort en aansoekvorm saam na jou afspraak toe.

Aansoek vir ’n spesiale stemgeleentheid

Hoe moet jy egter maak indien jy steeds in Suid-Afrika woon, maar slegs tydens die verkiesingsdatum in die buiteland is? Jy het die opsie om in die land waar jy dan is te stem, wat gewoonlik so ’n week voor die verkiesingsdag in Suid-Afrika is, of jy kan aansoek doen vir ’n “spesiale stem”. Jy kan vir ’n spesiale stemgeleentheid by jou plaaslike OVK-kantoor aansoek doen wat jou dan sal toelaat om ’n dag of twee voor die nasionale verkiesingsdatum te stem.

Maak seker van jou burgerskap

Wanneer jy emigreer kan jy vir dubbele burgerskap aansoek doen indien jy sou verkies om jou Suid-Afrikaanse burgerskap te behou. Dit is belangrik om te onthou dat jy by ’n ambassade moet gaan aandui dat jy jou Suid-Afrikaanse burgerskap wil behou voordat jou nuwe burgerskap geregistreer word. Indien jy nooit amptelik geëmigreer het nie, maar bloot buite Suid-Afrika woon, kan jou burgerskap ná drie jaar gekanselleer word. Dit is egter moontlik om weer vir jou burgerskap aansoek te doen indien dit gekanselleer is. Slegs Suid-Afrikaners wat amptelik nog burgers van Suid-Afrika is, sal kan registreer om te stem.

Waar stem jy?

Op die aangewysde verkiesingsdag sal jy met jou ID en paspoort (albei dokumente is nodig en moet steeds geldig wees) by jou naaste ambassade, hoëkommissaris of konsulaat-generaal kan stem. Die OVK het beloof om meer stempunte beskikbaar te stel in plekke soos Sydney en Perth, aangesien sommige kiesers voorheen honderde kilometers moes ry om by ’n stempunt uit te kom.

Bly op hoogte

Maak seker jy weet wanneer die verkiesingsdatum aangekondig word deur die OVK op sosiale media te volg:
www.twitter.com/iecsouthafrica
www.facebook.com/iecsouthafrica

Laai die OVK se toepassing af om:

  • Jou adres te verander;
  • Registrasiebesonderhede na te gaan;
  • Aansoek te doen vir ’n “spesiale stem”; en
  • Jou naaste stembus op te spoor.

Die OVK-toepassing kan hier afgelaai word:
https://play.google.com/store/apps/details?id=za.org.elections.iecapp&hl=en_US.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest