Leesvordering:

Hoe om vir ’n Schengen-visum aansoek te doen

Feb 13, 2019

Is jy onderweg na Europa en benodig ’n Schengen-visum? Daar is 26 Europese lande wat dié visum vereis – van Italië en Frankryk tot Swede en selfs Ysland. Daar is min of selfs geen paspoortbeheer tussen dié lande en jy kan tot 90 dae met jou Schengen-visum rondreis.

Voordat jy egter met die aansoekproses begin moet jy natuurlik seker maak dat jy ’n geldige Suid-Afrikaanse paspoort het. Sodra jy by binnelandse sake aansoek gedoen het, kan dit so gou soos tien dae neem om jou paspoort te kry. Dit is wel veiliger om soveel tyd moontlik toe te laat vir die aansoekproses. Daar word ook nie meer tydelike paspoorte soos in die verlede uitgereik nie. Jy kan jou naaste binnelandse sake-kantoor opspoor deur na dié lys te kyk. Jou paspoort moet nog vir drie maande geldig wees ná jou terugkeerdatum. Nóg ’n belangrike vereiste is dat jou paspoort twee geldige, leë en opeenvolgende visumbladsye benodig vir stempels.

Lys van Schengen-lande

Sodra jou paspoort in orde is moet jy bepaal of jy ’n Schengen-visum benodig. Hier is die lys van lande wat Schengen-visums vereis:

  • Oostenryk
  • België
  • Tsjeggiese Republiek
  • Denemarke
  • Estland
  • Finland
  • Frankryk
  • Duitsland
  • Griekeland
  • Hongarye
  • Ysland
  • Italië
  • Letland
  • Liechtenstein
  • Litaue
  • Luxemburg
  • Malta
  • Nederland
  • Noorweë
  • Pole
  • Portugal
  • Slowakye
  • Slowenië
  • Spanje
  • Swede
  • Switserland

Jy mag ook moontlik ’n Schengen-visum benodig as jy na een van Frankryk se koloniale gebiede reis, wat St. Martin, Réunion en Nieu-Kaledonië insluit.

Die aansoekproses

Indien jy slegs een land besoek is dit voor die hand liggend by watter ambassade jy moet aansoek doen. Maar wat as jy meer as een land besoek? Doen dan aansoek by die ambassade van die land waar jy die langste tyd gaan spandeer. As jy egter ewe lank in die onderskeie lande gaan wees, doen dan aansoek by die ambassade van die land wat jy eerste binnegaan.

Ambassades se vereistes kan verskil, maar meeste benodig die volgende dokumentasie:

  1. Suid-Afrikaanse paspoort.
  2. Afskrif van jou vliegkaartjie.
  3. Bewys van verblyf tydens jou besoek (hotelbesprekings of indien jy by ’n vriend woon, ’n brief wat dit bevestig).
  4. Bewys van permanente verblyf.
  5. Brief van jou werkgewer wat jou indiensneming bevestig.
  6. Drie maande se bankstate.
  7. Bewys van mediese reisversekering.
  8. Twee kleurfoto’s wat aan vereistes voldoen.

Kontak die betrokke ambassade of gaan loer op hulle webtuiste om uit te vind watter vorm jy moet invul. Die meeste ambassades aanvaar dié vorm. Jy sal op die ambassade se webtuiste elektronies ’n afspraak kan maak, of indien nie, kan jy hulle skakel. Probeer om jou afspraak te skeduleer minstens 15 dae voordat jy vertrek.

Tydens jou afspraak gaan hulle vra om jou biometriese data in te vorder (foto’s en vingerafdrukke). Jy maak die betaling en hulle neem jou paspoort in. Die ambassade sal jou dan SMS of skakel sodra jou paspoort gereed is om afgehaal te word. Jy moet self jou paspoort afhaal en jou identiteitsdokument byderhand hê; alternatiewelik kan jy iemand aanwys om die paspoort namens jou af te haal. Jy gaan dan die persoon se ID, jou eie ID en ’n brief moet saamneem wat aan die persoon toestemming verleen om die paspoort namens jou af te haal.

Let wel dat ambassades se regulasies dikwels verander, veral met toenemende sekuriteitsvereistes wat Europa betref, en daarom is dit veiliger om hulle direk te kontak wanneer die proses begin. Hoewel ’n visumaansoek gemiddeld 15 dae neem, kan dit selfs so lank as drie maande neem. Dit is daarom belangrik dat jy so gou as moontlik die proses begin sodra jou verblyf en vliegkaartjie geboek is.

Volgens ’n onlangse studie is die grootste rede waarom Suid-Afrikaners se Schengen-visums geweier word die feit dat hulle nie genoegsame bewys lewer dat hulle van plan is om na Suid-Afrika terug te keer nie. Verder dui dit aan dat 65% van Suid-Afrikaners voel dat visumkoste buitensporig is, terwyl 33% gevra word om ook trousertifikate in hul aansoeke in te sluit.

Mag jou visumaansoek glad verloop; geniet jou reis!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest