Leesvordering:

Hofrekord wys die regering beplan eintlik om R350 miljoen aan Kuba te skenk

Mei 16, 2022

Die hofrekord in AfriForum se saak teen die regering se beplande R50 miljoen skenking aan Kuba wys dat die totale bedrag van die skenking eintlik R350 miljoen is en nie net R50 miljoen nie. Dit het aan die lig gekom ná die burgerregteorganisasie se regspan die hofrekord as deel van hul hersieningsaansoek aangevra het. Volgens die rekord het die regering ingestem tot ’n kontrak met Kuba waar die R50 miljoen slegs as die eerste betaling sou dien in ’n donasie van meer as ’n kwart-miljard rand. AfriForum se regspan is tans besig om ’n aanvullende beëdigde verklaring op te stel ná hierdie onthulling.

“Die onthullings van die hofrekord is werklik aardskuddend. Dit is nou duidelik dat die regering eintlik beplan om meer as ’n kwart-miljard rand aan Kuba te skenk. Hierdie kontrak om R350 miljoen te skenk strook nie met die wette van Suid-Afrika nie en dit is heeltemal irrasioneel om só ’n buitensporige skenking in hierdie moeilike tye te maak. Ons regering leen geld by die IMF, maar sien dit dan goed om broodnodige fondse aan Kuba te skenk. Ten spyte van hierdie verregaande nuus, is AfriForum meer optimisties as ooit tevore dat ons daarin sal slaag om hierdie skenking te stuit,”

sê Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

Deur Leandie Bräsler Tegnologie ontwikkel op ’n daaglikse basis. Dieselfde kan gesê word van kinders se vermoë om te boelie: Boeliegedrag wat eens net op die skoolterrein of op die skoolbus plaasgevind het, het nou beweeg na boeliegedrag deur die gebruik van...

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest