Leesvordering:

Hoop Ongegrendeld

Des 9, 2020

Die Hoop Ongegrendeld- virtuele koorproduksie is een van die dae beskikbaar! Dié tuiskonsert word van 16 tot 21 Desember eksklusief op Dapper Media gestroom. Kaartjies kos R49 en jy kan die konsert geniet en lekker in die gemak van jou huis saam sing.

2020 was vir die meeste mense ’n onsekere, spanningsvolle jaar. Hoop Ongegrendeld wil daarom deur middel van musiek weer hoop skep. Tydens die inperking het ’n groepie jong gelowiges daarom saam met Lig in die Duisternis Produksies besluit om dié groot projek aan te pak en Suid-Afrikaners met sang en musiek te bemoedig met hoop vir die toekoms. Sang is soos die hartklop van die lewe. Musiek het die vermoë om ’n mens te bemoedig sodat jy weer met hoop kan leef. En dit presies die doel van Hoop Ongegrendeld.

Kaartjies is reeds beskikbaar en kan op Dapper Media se webtuiste gekoop word. Enige wins uit die produksie sal geskenk word aan:

  • TLU SA-droogtehulpfonds
  • Volkshulp 2000
  • Oranje Selfhelp
  • die Solidariteit Helpende Hand
  • die AP Kerk se droogtehulpfonds.

Nadine Blom, Ichnus Wait, Rudi Muller, Elme Churr, Franzel de Wet, Alida Stoman, Melindie Pretorius, Babette Viljoen en Olga Leonard is enkele van die kunstenaars wat aan dié aanlyn konsert deelneem. Die publiek het tot onlangs kooropnames ingedien wat by die musiek ingemeng gaan word sodat ons as ʼn groot gemeenskap kan saamsing om die boodskap van hoop in Afrikaans uit te basuin. Die musikant en koorleier Braam van Tonder is die musiekleier.

Jy kan uiteraard ook vir iemand anders ’n kaartjie koop om die konsert te geniet – miskien ’n vriend; iemand wat oorsee bly; ’n bejaarde wat dalk alleen gaan wees oor die Kerstyd. Klik hier om jou kaartjie te koop: https://bit.ly/HoopOngegrendeld.

Indien jy die produksie wil borg of wil uitvind hoe jy kan bydra, kontak gerus vir ds. Henning Dafel by hoop@apkerk.co.za of 071 941 2785.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest