Leesvordering:

Hou só kontak met geliefdes wat dié Kerstyd ver is

Des 9, 2020

Om Kerstyd sonder jou familie te wees, is een van die grootste uitdagings wanneer jou huis op ’n ander kontinent is. Ons wil jou verseker dit hoef nie so moeilik te wees nie.

Danksy tegnologie is dit nou makliker as ooit om Kersfees saam met jou familie oorkant die water te vier. Hier is ’n paar wenke en idees om jou te help om die feestyd te oorleef en elke sekonde saam met jou familie en vriende te geniet.

Benut tegnologie ten volle as jou familie oorsee bly

Sosiale media kan die afstand heelwat verkort. Skep ’n WhatsApp-groep vir jou familie en deel resepte, foto’s en gesprekke met mekaar. Geniet die feestyd saam op Facebook, of gebruik ’n hutsmerk en deel in mekaar se vreugde op Instagram.

Met ’n bietjie vooraf beplanning om tydsones te koördineer, kan jy en jou familie van aangesig tot aangesig kuier op Skype, Zoom of Google Hangouts. Julle kan selfs saam aansit vir die Kersmaal; kook jou familie se gunstelinggeregte en geniet mekaar se geselskap terwyl julle eet. Of probeer die volgende idees:

  • Kom bymekaar om die Kersboom en maak geskenke oop.
  • Stel ’n speellys saam, deel dit met die familie en luister deur die dag daarna.

Nog ’n idee om nader aan jou oorsese familie te voel, is om almal te nooi om deel te neem aan ’n foto-uitdaging. Maak ’n lys Kersfeeskiekies wat elke familielid op Kersdag kan neem en deel dit met mekaar.

Deel jou tradisies met nuwe vriende

Om iets eg Suid-Afrikaans of ’n tradisie of resep eie aan jou familie met nuwe vriende te deel, sal ook help om die afstand tussen jou en jou familie kleiner te maak. Hou ’n eg Suid-Afrikaanse Kersete, kyk ’n Leon Schuster-fliek en vertel stories oor jou familie se Kersfeestradisies. So skep jy vir jou vriende ’n nuwe tradisie en jy voel meer tuis in die buiteland.

Betrek jou familie by jou Kersfees in die buiteland. Wou jy nog altyd leer hoe om jou ouma se heerlike aartappelslaai te maak? Vra haar om dit vir jou en jou nuwe vriende op Zoom of Skype te demonstreer. Nie net deel jy jou tradisies met jou nuwe vriende nie, maar jy spandeer ook tyd saam met jou familie.

Kerstyd is ’n moeilike tyd van die jaar as almal ver is, maar te danke aan tegnologie, herinneringe en tradisies kan die kontinente nader aan mekaar kom – een aartappelslaai of foonoproep op ’n slag.

Hoe gaan jy kontak hou met jou familie in die buiteland? Laat weet ons gerus deur hier onder kommentaar te lewer.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest