Leesvordering:

Huisgenoot nou weer op die rak beskikbaar!

Apr 1, 2020

HUISGENOOT het verlede week vir die eerste keer in sy geskiedenis van meer as 100 jaar ’n uitgawe geskep en gefinaliseer waar die redaksie van die huis af gewerk het. Dit was ook die eerste keer in HUISGENOOT se geskiedenis dat die tydskrif slegs aanlyn verskyn het.

Net soos wat die res van die land die riglyne vir die nasionale inperkingstydperk moes volg, moes HUISGENOOT gehoor gee aan die president se opdrag om die verspreiding van tydskrifte tydens die inperkingstydperk te staak in ’n poging om die verspreiding van die coronavirus te help bekamp.

Die redaksie het egter pas die goeie nuus ontvang dat HUISGENOOT wel weer vanaf hierdie week versprei en in winkels verkoop mag word.

“Elke dag bring nuwe verwikkelinge in hierdie deurmekaar inperkingstyd. Nadat die regering vroeër aangekondig het dat tydskrifte nie tydens die inperkingstydperk verkoop mag word nie, is dié verbod op dag vier opgehef en mag die jongste uitgawe van HUISGENOOT nou weer op die rak wees,” sê die redakteur, Yvonne Beyers. “Ons woeker dus om hierdie uitgawe landswyd te versprei.”

Om die lang leë ure by die huis te vul, is daar ook verskeie handelsmerkuitbreidingstydskrifte in die handel beskikbaar om die hele gesin mee besig te hou. Dit sluit in:

’n Nuwe uitgawe van HUISGENOOT BLOKRAAIE;

HUISGENOOT HET JY GEWEET?, ’n kindertydskrif propvol pretfeite vir nuuskierige agies,

Die kindertydskrif, HUISGENOOT DINOSOURUSSE, wat dinosourus-speelkaarte insluit; en

HUISGENOOT KOOK VIR TWEE, die perfekte nuwe kostydskrif in hierdie tyd wat daar sakpas en spaarsaam gekook moet word.

“Noudat die tydskrif weer verkoop mag word, probeer ons ook dringend planne beraam om HUISGENOOT by intekenare af te lewer,” sê Yvonne.

Dit beteken egter nie besigheid-soos-normaal vir diegene wat agter-die-skerms werk nie, aangesien die redaksie ook nie die nuutste uitgawe op kantoor kon voltooi nie en dit van die huis af geskep en gefinaliseer het.

Die redaksie werk nou aan die volgende uitgawe van HUISGENOOT – ook van die huis af. Dit sal volgende week in winkels beskikbaar wees.

Diegene wat verkies om HUISGENOOT intussen aanlyn in PDF-tydskrifformaat te lees, kan inteken vir Netwerk24.com.

Dit kos slegs R99 per maand om op vir Netwerk24 in te teken. Daarmee kry jy aanlyn-toegang tot HUISGENOOT se weeklikse tydskrif in PDF-formaat, asook al die stories op Huisgenoot.com. Dit gee jou ook toegang tot die aanlyn-inhoud en PDF-formaat van tydskrifte soos SARIE, Tuis, Kuier, Weg! WegRy & Sleep, Landbouweekblad, Finweek en Baba & Kleuter asook aanlyn-inhoud van die koerante Rapport, Beeld, Die Burger en Volksblad én die nuusberigte op Netwerk24.

Klik hier om te sien hoe jy kan inteken: https://www.netwerk24.com/huisgenoot/Jou-lewe/ons-wys-jou-stap-vir-stap-hoe-om-huisgenoot-aanlyn-te-lees-20200327

Die elektroniese PDF-weergawe van HUISGENOOT is ook beskikbaar op Zinio en Magzter. Jy kan dit daar koop en aflaai en dit lyk net soos die regte tydskrif.

HUISGENOOT-intekenare wat nie tydens die inperkingstydperk hulle tydskrif tuis ontvang nie, kan Netwerk24 se kliëntedienstesentrum skakel by 087 535 1300 sodat hulle tydens die inperkingstydperk toegang tot Netwerk24 kan kry om HUISGENOOT daar aanlyn, in PDF-formaat, te lees.

Bly op die hoogte van sake en hou jou gesin besig met HUISGENOOT terwyl julle tuis bly tydens die inperkingstydperk. As ons almal die owerhede se maatreëls en opdrag om tuis te bly gehoorsaam, kan dit lewens red.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/huisgenoot/

Instagram: @Huisgenoot.com

Twitter: @huisgenoot

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest