Leesvordering:

Implikasies van valutabeheer vir trustbegunstigdes wat in die buiteland woon

Jan 14, 2016

Trustuitkerings aan die begunstigdes wat in die buiteland woon, kan baie ingewikkeld wees en sal hieronder aan die hand van ʼn voorbeeld verduidelik word.

Veronderstel die vader het die grootste deel van die fondse in ‘n trust geplaas en die seun woon nou in die Verenigde Koninkryk.

  • Die seun het nie formeel geëmigreer nie.

Indien die seun nog nie formeel vir valutabeheerdoeleindes geëmigreer het nie, sal die SA Reserwebank (SARB) hom beskou as ‘n inwoner wat tydelik in die buiteland is. Formele emigrasie behels dat ‘n aansoek om emigrasie by ʼn bank (as gemagtigde handelaar van die SARB) ingedien word; vorm MP336 (b) moet onderteken en by die SARB ingedien word en die SARB moet die aansoek goedkeur. Om bloot ‘n buitelandse paspoort of verblyfpermit te verkry of vir ʼn lang tydperk uit SA weg te wees, sal nie beskou word as voldoende bewys van emigrasie vir valutabeheerdoeleindes nie.

Uitkerings aan inwoners wat tydelik in die buiteland is, mag nie na die buiteland oorgeplaas word nie. Die uitkering aan die seun moet dus in sy bankrekening in Suid-Afrika inbetaal word. Die seun mag gebruik maak van die jaarlikse buitelandsekapitaalvoorsiening vir individue (tans R10 miljoen) mits hy vir die doeleindes van valutabeheer nog ‘n inwoner is en ʼn toepaslike belastingklaringsertifikaat van die SAID bekom het. Hy kan dan die kapitaalvoorsieningsbedrag na sy buitelandse bankrekening oorplaas. As die uitkeerbedrag egter meer as die toegelate kapitaalvoorsieningsbedrag is, moet die verskil in sy Suid-Afrikaanse bankrekening bly. Dit kan eers die daaropvolgende jaar na sy buitelandse bankrekening oorgedra word nadat hy ‘n nuwe belastingklaringsertifikaat verkry het en die bedrag is beperk tot die jaarlikse buitelandsekapitaalvoorsiening vir daardie jaar.

  • Die seun het formeel geëmigreer en sy pa (befondser of skenker) lewe nog.

Inkomste-uitkerings kan gewoonlik na die buiteland oorgeplaas word nadat ‘n aansoek by die SAID ingedien is, mits die trust ten minste drie jaar voor emigrasie befonds is. Aansoeke om die oorplasing van kapitaaluitkerings word gewoonlik nie goedgekeur nie; dit kan dus nie na die buiteland oorgeplaas word nie en sal in die seun se geblokkeerde rekening by ‘n plaaslike bank (die gemagtigde handelaar) inbetaal word. Omdat die seun vir valutabeheerdoeleindes nie meer ‘n inwoner van Suid-Afrika is nie, kan hy nie die jaarlikse buitelandsekapitaalvoorsiening gebruik om enige geld na die buiteland oor te plaas nie. Ná die afsterwe van sy pa, en nadat hy aansoek gedoen het, kan die kapitaaluitkerings in sy geblokkeerde rekening en alle toekomstige kapitaaluitkerings van die trust na die buiteland oorgeplaas word.

  • Die seun het formeel geëmigreer en sy pa (befondser of skenker) is oorlede.

Inkomste- en kapitaaluitkerings mag na die buiteland oorgeplaas word nadat ʼn aansoek ingedien is. Die aansoek by die SAID is gewoonlik ‘n formaliteit en dit word net soos ‘n erfenis aan ‘n nie-inwoner of emigrant behandel. Dit is egter goed om voorsiening te maak vir ‘n vertraging in die beskikbaarheid van fondse vir gebruik in die buiteland.

Jy is welkom om die belastingprokureur Fanus Jonck (fanus@jonck.net) te kontak met vrae oor jou trust en valutabeheer.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest