Leesvordering:

In die lens: Somer in Sydney

Jan 30, 2019

deur Alexa Reinecke

Dis somer in Sydney! Die weer was lieflik en so ook die mense. ’n Bus het ons na ’n treinstasie geneem, waarna ons nóg ’n bus na Bondi Beach gehaal het. Dis nie “Bondie Beach” nie, dis “Bondaai Beach”, het hulle ons vinnig geleer. Danksy hierdie buitelugleefstyl is almal fiks en sonbruingebrand. Ons Airbnb-gasheer het van “coolies” (koelhouers) en “budgie smugglers” (Speedos) gepraat, waarvan ons baie op die strand gesien het.

Nóg ’n dag, nóg ’n vlug en ons het by familie aangekom wat langs die Gouekus woon. Dít was die heel lekkerste! Ons het braaibroodjies gemaak, die niggies leer ken, ander Suid-Afrikaners raakgeloop, self brandstof ingegooi, groter sonhoede gekoop en ons bene lam gestap. Uiteindelik het ons die veerboot geneem om Brisbane te verken, roomys geëet, té duur vir koffie betaal en maar ’n slaaibroodjie geëet.

Nou is ons platsak op pad terug na Suid-Afrika op ’n vlug van 15 uur, maar dit was beslis die moeite werd. Besoek gerus Australië, maar veral die Gouekus!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest