Leesvordering:

Indië – Die beste deel van Indië vir laaste!

Jul 29, 2016

Die Taj Mahal is ‘n groot gunsteling (indien nie die grootste nie) op ‘n reis na Indië. As jy deur die ingang loop en die Taj vir die eerste keer sien, slaan dit jou asem weg! Dis moeilik om vir mense te verduidelik, so die beste manier is om dit met foto’s te wys.

Agra was ons laaste stop voor ons terug is na Delhi. Daar is nie veel om te doen in Agra nie en die inwoners weet dis die gewildste toerismeplek in Indië. Ons het ‘n gids gebruik en alles vinnig bekyk. Die enigste nadeel van ‘n gids is dat hy aan die einde ʼn bietjie haastig was. Ek neem aan dis die nadeel as jy vir 12 jaar dieselfde werk doen. As ek jou kan raad gee, kies ‘n bankie naby die ingang of ʼn plek agter die Taj en dan sit/lê jy net daar en probeer inneem wat jy voor jou sien. Die beroemde bankie waarop prinses Diana gesit het, sal nie ‘n goeie keuse wees nie, want toeriste staan tou vir ‘n foto daarop.

 

Om in Indië foto’s te neem, is baie maklik, want daar is so baie verskillende mense en karakters om elke hoek. Hulle kleurvolle rokke maak pragtige foto’s.

 

 

Ons het ‘n maatskappy genaamd India Travelicious Holidays gebruik. Hulle was goed genoeg vir ons. Die drywer het ons na elke besienswaardigheid geneem en was baie toegeeflik. Die bestuurder het ons byna elke dag gebel om te vra of alles nog reg is. Die enigste raad wat ek jou kan gee as jy op ‘n toer gaan, is om ʼn fooitjie vir elke toergids by jou begroting in te sluit. In elkeen van die drie stede wat ons besoek het, het hulle ‘n plaaslike toergids gebruik. Ons het vir elkeen 1 000 roepees gegee. Ons het ook in goeie hotelle gebly. Die hotel in Agra het ʼn uitsig oor die Taj. Hierdie hotel het ook ʼn swembad, so onthou jou kossie in die warmer maande. Nog ‘n wenk as jy ʼn toergids gebruik: hulle stop aanhoudend by winkels sodat jy aandenkings kan koop, so wees van die begin van jou toer af ferm hieroor. Selfs as jy ‘n taxi na ‘n winkelsentrum vat, wil hulle met jou rondry om vir jou bekende plekke te wys.

Vervoer in Indië is goedkoop en bekostigbaar. Ons het selfs in spitstyd met ‘n toek-toek gery (hoewel Indië glo hulle het 24/7 spitstyd). Dis goedkoop en relatief veilig om met ‘n toek-toek te ry. Doen jouself ʼn guns en kyk op YouTube hoe die verkeer in Indië lyk, dan sal jy verstaan presies wat ek bedoel.

Ek hoop jy geniet die foto’s net soveel as wat ek dit geniet het om dit te neem. Lewer gerus kommentaar en deel dit met jou vriende op Facebook en Twitter.

My volgende besoek is aan my vaderland, Suid-Afrika!

Reis veilig! Ons praat gou weer.

Phillip

Lees ook: Uit en Tuis rubriek 

Phillip Grobler is ‘n onderwyser in Oman gedurende die skooltermyn, maar ‘n reisiger en fotograaf wanneer hy ook al die geleentheid kry! Die reisgogga het hom gebyt die heel eerste keer toe hy op ‘n vliegtuig geklim het vir sy eerste vlug. Vandaar was daar geen omdraaikans meer nie! Besoek  www.saffatravels.com om meer van Phillip se blogs en pragtige foto’s te sien.

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest