Leesvordering:

Inspirasie: Gebede vir jou toekomstige (of huidige) lewensmaat (Deel 1)

Feb 13, 2020

Het jy dalk vir jou toekomstige lewensmaat gebid nog voordat jy hom ontmoet het? Het jy nog nooit vir jou toekomstige- of huidige lewensmaat gebid nie? Bid en wag jy dalk nogsteeds? Watokal die geval, jy is nooit te jonk of te oud om vir jou toekomstige  (of huidige) lewensmaat te bid nie. Jy kan self jou dogter begin aanmoedig om vir haar toekomstige lewensmaat te bid en jy kan hierdie gebedsreis ook saam met haar aanpak.

’n Lewensmaat is een van die belangrikste en mooiste geskenke wat ons uit God se hand kan ontvang, maar die huwelik bestaan nie net uit twee mense nie, want God moet dus deel wees van daardie huwelik. Hoe nader ons aan God beweeg, hoe nader sal jy en jou man ook aan mekaar beweeg. In die wagtydperk wat jy nog nie jou man ontmoet het nie, is dit jou kans om vir hom te bid en so ook jou kans om in geloof te groei en self nader aan God te beweeg. Miskien is jy die een wat nog die groeiwerk moet doen sodat jy en jou man inlyn met God die Vader, die Seun en Heilige Gees kan kom. Bid tot God, want “… die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking” (Jakobus 5:16b).

“Die Here is baie goed vir elkeen wat wil doen wat Hy vra en elkeen wat op Hom hoop. Dit is goed om geduldig te wag vir die Here om ons te red. Dit is goed om van jongs af te leer om geduldig vir die Here te wag. Iemand moet geduldig wees as daar van hom verwag word om stil te wees en te wag. Daar is vir hom nog hoop as hy tjoepstil bly.” – Klaagliedere 3:25-29

  1. Bid vir sy hart

“Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe” – Spreuke 4:23. Bid dat God jou toekomstige lewensmaat se hart sal beskerm teen aanvalle van die Duiwel en bid ook dat as sy hart al voorheen gebreek was, dat Jesus sy hart weer sal heelmaak en dat hy sal weet dat hy net op Jesus Christus kan vertrou.

  1. Bid dat hy God sal liefhê met sy hele hart

“Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” – Matteus 6:33. Bid dat jou toekomstige lewensmaat sy oë op God sal fokus en dat as hy miskien nog nie ’n kind van God is nie, dat God juis in sy hart sal werk en hom sal verander in die man wat God hom gemaak het om te wees. Bid dat hy Jesus altyd eerste sal stel en dat hy gereeld sal bid in die gees. Bid dat hy sy hele hart vir Jesus sal gee en dat hy God sal vertrou met sy hele lewe.

Lekker bid!

Liefde,

Leandie Bräsler

 

Meer inligting en video’s oor hierdie reeks is beskikbaar op Bid is Braaf se Facebook-blad: https://www.facebook.com/bidisbraaf/

Skakels vir die video’s spesifiek oor hierdie blog:

Episode 1: https://www.facebook.com/bidisbraaf/videos/318868732200472/

Meer oor die outeur

Leandie Bräsler

Leandie Bräsler is bestuurder van junior leierskapontwikkeling by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest