Beste Vriend

Baie dankie vir jou bereidwilligheid om te help om die kwessie van plaasmoorde en die Suid-Afrikaanse regering se onwilligheid om dié soort misdaad te prioritiseer onder die buiteland se aandag te bring.

ʼn Versoekskrif is hierby aangeheg.

Jy kan dit aan die Suid-Afrikaanse ambassade naaste aan jou oorhandig. Indien jy te ver van ʼn Suid-Afrikaanse ambassade woon, kan jy dit aan ’n media-instelling en/of regeringsverteenwoordiger van die land waar jy woon oorhandig of stuur – iemand soos ’n parlementslid, raadslid, senator of goewerneur.

’n Bondige opsomming van die krisis en ʼn versoek om steun is ingesluit asook ons kontakbesonderhede ingeval daardie persoon meer inligting oor plaasaanvalle in Suid-Afrika wil bekom. Ons is altyd bereid om deeglik nagevorste en verifieerbare inligting te voorsien.

Ons sal dit verder waardeer as jy ons laat weet aan wie jy die inligting gestuur het en waar jy woon. Stuur selfs ʼn foto van die oorhandiging saam as jy bereid is.

Ons waardeer jou ondersteuning opreg en bedank jou namens die boerderygemeenskap van Suid-Afrika.

Wêreldwydgroete!

Memorandum-21.11.2017-1.pdf

Hierdie artikel is ook beskikbaar in: English

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest