Leesvordering:

Internasionale Moedertaaldag 2022

Feb 16, 2022

Internasionale Moedertaaldag word sedert 2000 jaarliks op 21 Februarie gevier. Daar is op dié datum besluit om onder meer hulde te bring aan studente wat in 1952 doodgeskiet is toe hulle teen die gebruik van Urdu as enigste amptelike taal in die destydse Pakistan betoog het. Dat hulle bereid was om vir hulle moedertaal (Bengali of Bangla) te sterf, bewys hoe sterk mense oor taal voel.

Buiten die liefde vir taal, is daar wêreldwyd ’n oormaat bewyse van die noodsaak van moedertaalonderrig – nie alleen vir die akademiese ontwikkeling en emosionele welstand van studente nie, maar ook vir ekonomiese groei en maatskaplike stabiliteit in ’n land.

Internasionale Moedertaaldag word herdenk om bewusmaking te skep daarvoor dat tale en veeltaligheid polarisasie en marginalisering teenwerk, terwyl dit volhoubare ontwikkelingsdoelwitte bevorder.

’n Jaarlikse tema word aan die dag gekoppel. Vanjaar is dit “Die gebruik van tegnologie vir meertalige leer: Uitdagings en geleenthede” (“Using technology for multilingual learning: Challenges and opportunities”).

Tegnologie bied inderdaad wonderlike geleenthede vir meertaligheid, maar ook die beter gebruik van ons moedertaal. Die feit dat ’n mens aanlyn oombliklike toegang tot verskeie Afrikaanse woordeboeke, tweetalige woordeboeke en selfs tesourusse het, maak dit maklik om reg te skryf, skryfwerk met idiome en sinonieme op te kikker en anglisismes te systap.

Speltoetsers vir slimfone, tablette en rekenaars is waardevolle hulpmiddels en aanlyn vertaalprogramme word deurentyd verbeter.

Uitdagings is dat alle tale dinamies groei en dat hierdie woordeboeke en speltoetsers dus nie altyd bybly met die jongste nuutskeppings en taalreëls nie. Beide die ontwikkelaars en gebruikers het ’n groot verantwoordelikheid om te sorg dat die programme so volledig op datum bly as wat moontlik is.

Verder is dit soms moeilik om Afrikaanssprekendes te oortuig dat hulle Afrikaans as verstektaal vir die instelling van byvoorbeeld hulle slimfone moet kies. Omdat terme soos “Inbus” dalk minder bekend as “Inbox” is, sal hulle dit dikwels as onsinnig afmaak. Gereelde gebruik skep egter bekendheid. Dink maar aan ’n woord soos “hommeltuig” wat ’n dekade gelede vreemd op die oor geval het, maar vandag die standaard term in die Afrikaanse media is om na ’n “drone” te verwys.

Die ontwikkeling van taaltoepassings kan duur wees, maar hoe meer mense dit gebruik, hoe goedkoper raak die verdere ontwikkeling en instandhouding daarvan.

Onder akademici wat minderheidstale probeer uitbou, word spottend gefluister dat die taal wat hulle yskas en Wikipedia met hulle kinders praat, die taal is wat die een-en-twintigste eeu sal oorleef. Enigeen met ’n liefde vir ons taal en toegang tot die internet kan betrokke raak om die Afrikaanse Wikipedia uit te bou.

Op Internaionale Moedertaaldag moet ons ook terugkyk na die herkoms en verlede van Afrikaans – dit bly ’n unieke prestasie waarop alle Afrikaanssprekendes trots moet wees dat ons taal een van slegs vier tale is wat in die twintigste eeu hoëfunksie status bereik het. Interessantheidsonthalwe: die ander tale is Hebreeus, Indonesies en Hindi.

Vier vanjaar Internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie en laai sommer nou ’n Afrikaanse speltoetser af as jy nog nie het nie!

LEES OOK: Paneelgesprek oor die betekenis van ons kultuurerfenis – neem gerus deel!

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest