Leesvordering:

Internasionale reise – Alles wat jy moet weet

Okt 1, 2020

Internasionale reise na Suid-Afrika word op 1 Oktober 2020 hervat. Vlugte vir sake- en ontspanningsdoeleindes word nou toegelaat. Hier is 10 feite waarvan jy moet weet.

  • Reisigers wat in die land aankom moet ‘n sertifikaat toon wat wys dat hulle negatief getoets het vir Covid-19. Indien hulle nie een het nie, word hulle op eie onkoste onder verpligte kwarantyn geplaas.

Dit moet ʼn PCR-toets wees en dit mag nie meer as 72 uur voor jou vertrektyd gedoen word nie. Die sertifikaat moet die dokter wat die toets gedoen het se naam en handtekening op hê. As jy nie ’n toetssertifikaat kan toon nie, moet jy in kwarantyn bly terwyl jy vir ’n toetsuitslag wag.

  • Reisigers sal met aankoms gesif word vir die virus en diegene met Covid-19-simptome moet in kwarantyn bly totdat hulle negatief toets vir die virus.

As jy simptome toon, word jy in elk geval weer getoets al het jy ‘n toetssertifikaat wat toon dat jy negatief getoets het; jy moet dan in kwarantyn bly totdat jy jou uitslag ontvang.

  • Suid-Afrikaners in hoërisikolande mag huis toe kom.

Suid-Afrikaners in hoërisikolande sal toegelaat word om huis toe te kom, maar die regering sal diegene met simptome onder kwarantyn plaas.

  • Grense bly gesluit vir nie-Suid-Afrikaners uit hoërisikolande.

Reisigers uit hoërisikolande word nog nie toegelaat om die land binne te kom nie. Reisigers uit alle Afrikalande word egter toegelaat om Suid-Afrika vir sake of ontspanning te besoek.

  • 35 grensposte wat tydens die pandemie gesluit was, bly gesluit.

Die hoofrede is dat die land nie die vermoë het om almal wat deur daardie grensposte wil kom te sif nie. Die grensposte wat tans oop is, sal oop bly.

  • Alle internasionale reisigers moet die Covid Alert SA-app met hulle aankoms in Suid-Afrika aflaai.
  • Internasionale reisigers moet verpligte reisversekering hê.

Dit moet die moontlike koste van ‘n Covid-19-toets en kwarantyn dek.

  • Suid-Afrikaners kan nou weer aansoek doen vir ID’s, paspoorte en visums.
  • Visums wat verval het, bly geldig tot 31 Januarie 2021.
  • Die volgende word tans op grond van Covid-19-statistieke as hoërisikolande beskou:

Albanië, Argentinië, Armenië, Oostenryk, Bahrein, België, Bolivië, Bosnië-Herzegowina, Brasilië, Chili, Colombië, Costa Rica, Kroasië, Tsjeggië, Denemarke, Ecuador, Frankryk, Georgië, Griekeland, Guatemala, Guyana, Honduras, Hongarye, Ysland, Indië, Iran, Irak, Ierland, Israel, Jamaika, Jordanië, Koeweit, Libanon, Luxemburg, Maledive, Malta, Meksiko, Moldawië, Montenegro, Nepal, Nederland, Noord-Masedonië, Oman, Palestina, Panama, Paraguay, Peru, Portugal, Puerto Rico, Katar, Roemenië, Rusland, Slowakye, Suriname, Switserland, Oekraïne, Verenigde Arabiese Emirate, Verenigde Koninkryk, VSA, Venezuela.

Die lys sal gereeld hersien en by die jongste Covid-19-statistieke aangepas word.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest