Leesvordering:

Internetvondse vir Julie

Jul 26, 2018

Na watter Suid-Afrikaanse produk verlang jy die meeste? Ons Wêreldgids is net die plek om in jou nuwe land te begin soek na al jou ou gunstelinge – selfs in Estland. Ondersteun Suid-Afrikaanse besighede in jou omgewing.

Brooklyn Biltong

Biltong is Suid-Afrika se weergawe van beef jerky. Die grootste verskil tussen biltong en jerky lê in die manier waarop dit gemaak word. In plaas daarvan om die vleis te dehidreer, soos met die maak van jerky, word biltong opgehang en gelugdroog. Hierdie proses hou die biltong sag en sappig.

Braaitime

Braaitime is ’n familiebesigheid. Ons het verlang na die gerusstellende bekendheid van biltong waarmee ons in Suid-Afrika grootgeword het, toe maak ons ons eie 100% oorspronklike biltong.

Traveler’s Friend

Traveler’s Friend se hoofdoelstelling is om vir ons kliënte verskillende smake en geure van regoor die wêreld te bied. Ons gebruik ’n tradisionele Suid-Afrikaanse resep en net die beste Estlandse beesvleis om biltong te maak.

Galito’s – UAE

Galito’s is die gesondste, lekkerste vlamgeroosterde hoender in die wêreld. Ons tradisionele marinade word van natuurlike produkte gemaak en met uitgesoekte kruie en speserye gegeur. Die hoender word minstens 24 uur lank daarin gemarineer voordat dit oor die vlamme gerooster en op bestelling bedien word.

Oolfant.com

Maak nie saak waar in die wêreld jy jou bevind nie, danksy oolfant.com kan jou kinders nou Afrikaans leer.

  1. Leer stap vir stap om skitterend te skryf.

Binne drie maande leer jou kinders ’n maklike skryfmodel wat hulle vir die res van hul lewens met selfvertroue sal kan gebruik. Meer as 40 videolesse, 7 werkboeke, nuttige aftiklysies.

Klik en vind meer uit oor die volledige aanlyn skryfkursus: SKRYF!

  1. Leer Afrikaanse taalleer op ’n prettige manier.

Gaan op ’n avontuur saam met ’n onnutsige kleremakertjie en leer Afrikaanse woordsoorte ken. ’n Bietjie werk elke dag lewer reuseresultate.

Klik en vind meer uit oor 15-Minuut-Afrikaans

  1. Gratis minikursus.

As jy eers die produkte wil uittoets, is daar ’n gratis minikursus: Woorde met woema. Meer as 700 kinders het al hiervoor ingeskryf en is mal daaroor!

Klik en vind uit hoe jy kan inskryf vir Woorde met woema

Onthou om jou besigheid gratis op ons Wêreldgids te lys deur hierdie skakel te volg

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest