Leesvordering:

Internetvondse vir November

Nov 29, 2017

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar jy eg Suid-Afrikaanse inkopies in jou omgewing kan doen. Biltong, Ouma-beskuit, blatjang, hulp met finansiering, immigrasie, Suid-Afrikaanse prokureurs, restaurante en nog vele meer word op Wêreldwyd se Wêreldgids van Suid-Afrikaanse besighede gevind.

Hier is vyf oulike ondernemings vir die maand:

Bikenam Vietnam Motorbike Tours

Bikenam is Viëtnam se voorste motorfietstoermaatskappy. Ons bied motorfiets toere aan wat ons gaste na elke hoekie van Viëtnam neem. Dis die beste manier om Viëtnam te sien en die wonderlike mense van Viëtnam te ontmoet.

Neat Places

Neat Places is ʼn Nieu-Seelandse gids tot al die groot en uitspattige, klein en afgesonderde, woelige dorpsgunsteling-uithangplekke. Van splinternuwe kafeetjies tot stowwerige liefdadigheidswinkels – ons draai alles toe in een netjiese pakkie net vir jou.

Spaza

Dink jy heimlik terug aan Suid-Afrika, verlangend na Suid-Afrikaanse musiek? Dan is jy op die regte plek. Ons spesialiseer in eg Suid-Afrikaanse produkte en veral in die invoer van Suid-Afrikaanse albums en DVD’s sodat jy nooit te ver van die huis af voel nie. Ons verkoop ook Suid-Afrikaanse klerereekse en binnehuisversierings. Dan bring ons wraggies nog die pakkie tot by jou voordeur!

Die Spens

Die Spens is geleë langs die A1 in Amersfoort, maklik bereikbaar van oral in Nederland, België en Duitsland. Kom loer in en kyk na al die Suid-Afrikaanse bekendes en gunstelinge soos Mrs Balls se Blatjang, Sparletta Creme Soda, Simba Nik Naks, Ouma Beskuit, Koo Soetmielies, Iwisa Mieliemeel en Robertsons-speserye – om maar net ʼn paar te noem.

89.0 Free FM

‘Lekker Stuff’ is jou eenstopradioprogram vir alles Suid-Afrikaans in Afrikaans. Kom kuier elke Woensdag van 18:00 af saam met Karisma op Waikato se 89.0 Free FM. Maak nie saak waar in die wêreld jy is nie – jy kan saamkuier by www.freefm.org.nz.

Verken die gids hier of lys jou eie onderneming gratis. Ondersteun jou landgenote en netwerk met ander Suid-Afrikaners in jou omgewing!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest