Leesvordering:

Is 2020 verspeel? Maak dit só die beste jaar nog

Jun 17, 2020

Tipies Suid-Afrikaans doen baie grappies oor die jaar 2020 die rondte op WhatsApp-groepies en ander sosiale media. Daar is byvoorbeeld ‘n foto van ‘n beesstertpotjie wat op die grond omgeval het met ‘n byskrif wat sê: “As 2020 ‘n potjie was…” Sulke grappies, gepaard met vele negatiewe nuusopskrifte, laat ‘n mens wonder of 2020 nie dalk ‘n verlore jaar is nie.

Die verlaging van die inperking na vlak 3 het miljoene werkendes se omstandighede sedert die begin van Junie verander. Die vraag is: Hoe kry jy dit reg om 2020 na soveel dae in isolasie weer gefokus en opgewonde aan te pak? Hier is ‘n paar wenke om die 2020-trajek te red en die jaar suksesvol voort te sit.

Fokus op die toekoms

Met al die negatiewe nuus wat die rondte doen, voel baie mense uiters onseker oor wat die toekoms inhou. Stel liewer jou visier op die toekoms na die pandemie. Ons moet bly glo daar sal uiteindelik ‘n behandeling vir COVID-19 gevind word en dat die wêreld stelselmatig weer normaal sal raak. Ons het dit al voorheen gedoen – en ons kan weer. Daar word bereken dat daar die afgelope 500 jaar sowat 15 grieppandemies was – en die wêreld het dit elke keer oorleef. Daarbenewens is die grendelstaat wat ons nou beleef nie uniek aan die COVID-19-pandemie nie. Tydens die Spaanse Griep van 1918 het verskeie plekke ter wêreld gekies om hulle kerke, skole, danslokale en ander plekke van vermaak te sluit om die verspreiding van die virus te voorkom. En hoewel die Spaanse Griep ‘n dramatiese effek op die samelewing gehad het, het die wêreld tog uiteindelik teruggekeer na normaal. Fokus op die toekoms. Binnekort gaan daar weer meer sekerheid wees.

Aanvaar dat sommige dinge gaan verander

Alhoewel verandering nie altyd lekker is nie, is dit soms nodig en in die lang termyn selfs voordelig. Die Swart Dood was byvoorbeeld ‘n uiters dodelike pandemie wat die wêreld in die Middeleeue (1347–1350) getref het. Ten spyte van die massiewe lewensverliese het die tragedie langdurige veranderinge meegebring en die samelewing wêreldwyd ten goede verander. Die Renaissance, een van die merkwaardigste tydperke in ons geskiedenis, is gebore uit die sosiale, ekonomiese en kulturele verandering wat die Swart Dood tot gevolg gehad het. Die Renaissance was ‘n intellektuele ontploffing waartydens kunsskatte deur onder andere Leonardo da Vinci, Botticelli en Michelangelo geskep is en wetenskaplike ontdekkings deur Copernicus en Galileo gemaak is. In dié tyd het nuwe kennis oor die planete en die heelal aan die lig gekom en is bewys dat die aarde om die son wentel. Buskruit is uitgevind, wiskunde uitgebrei en ontdekkingsreisigers het oor die wêreld heen begin vaar. Die opskudding en verandering wat COVID-19 tot gevolg het, kan weer nuwe idees na vore bring en die samelewing transformeer. Hoewel dinge gaan verander, is dit in der waarheid ‘n unieke en opwindende tyd waarin ons leef. Wie weet, dalk gaan ons ‘n nuwe Renaissance binne.

Met restaurante wat gesluit en interprovinsiale reise wat beperk is, voel dit asof Suid-Afrika nooit gaan terugkeer na normaal nie. Tog staan elkeen van ons nou voor ‘n nuwe geleentheid – die moontlikheid van ‘n nuwe Renaissance. Beskou 2020 as ‘n geleentheid om nuut na die lewe te kyk eerder as om te voel dit is vermors. Gebruik dit as ‘n geleentheid om nuwe idees en nuwe maniere van doen te ontwikkel wat die toekoms sommer nog blinker laat lyk!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest