Leesvordering:

Is jou familie in die buiteland dié Kersfees? Vier dit só saam met hulle

Des 6, 2022

Met die Kersgety wat nader staan, kom ’n mens agter dat alles ietwat stadiger begin gebeur in Suid-Afrika. Die skole staan op sluit, die laaste jakarandas is met dwarrelende donderstorms uit die strate van Pretoria gespoel en die hitte van ’n regte Somerkersfees het reeds toegeslaan. In die winkelsentrums speel al wat ’n Kersliedjie is al sedert die eerste week van November.

Dit is in dié tyd dat ons terugdink aan familie-etes op Oukersaand, aan saam geskenke oopmaak en selfs aan die goedkoop klappers wat met ’n knal ’n pen of sleutelhouer oplewer.

Hier is ’n paar maniere om Kersfees saam met jou geliefdes daar ver te vier as die gemis te erg raak.

Benut tegnologie ten volle as jou familie oorsee bly

Sosiale media kan die afstand heelwat verkort. Skep ’n WhatsApp-groep vir jou familie en deel resepte, foto’s en gesprekke met mekaar. Geniet die feestyd saam op Facebook, of gebruik ’n hutsmerk en deel in mekaar se vreugde op Instagram.

Met ’n bietjie vooraf beplanning om tydsones te koördineer, kan jy en jou familie van aangesig tot aangesig kuier op Skype, Zoom of Google Hangouts. Julle kan selfs saam aansit vir die Kersmaal; kook jou familie se gunstelinggeregte en geniet mekaar se geselskap terwyl julle eet. Of probeer die volgende idees:

  • Kom bymekaar om die Kersboom en maak geskenke oop.
  • Stel ’n speellys saam, deel dit met die familie en luister deur die dag daarna.

Nog ’n idee om nader aan jou oorsese familie te voel, is om almal te nooi om deel te neem aan ’n foto-uitdaging. Maak ’n lys Kersfeeskiekies wat elke familielid op Kersdag kan neem en deel dit met mekaar.

Deel jou tradisies met nuwe vriende

Om iets eg Suid-Afrikaans of ’n tradisie of resep eie aan jou familie met nuwe vriende te deel, sal ook help om die afstand tussen jou en jou familie kleiner te maak. Hou ’n eg Suid-Afrikaanse Kersete, kyk ’n Leon Schuster-fliek en vertel stories oor jou familie se Kersfeestradisies. So skep jy vir jou vriende ’n nuwe tradisie en jy voel meer tuis in die buiteland.

Betrek jou familie by jou Kersfees in die buiteland. Wou jy nog altyd leer hoe om jou ouma se heerlike aartappelslaai te maak? Vra haar om dit vir jou en jou nuwe vriende op Zoom of Skype te demonstreer. Nie net deel jy jou tradisies met jou nuwe vriende nie, maar jy spandeer ook tyd saam met jou familie.

Kerstyd is ’n moeilike tyd van die jaar as almal ver is, maar te danke aan tegnologie, herinneringe en tradisies kan die kontinente nader aan mekaar kom – een aartappelslaai of foonoproep op ’n slag.

Hoe gaan jy kontak hou met jou familie in die buiteland? Laat weet ons gerus ’n e-pos te stuur na wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest