Leesvordering:

Is jou familie in die buiteland dié Kersfees? Vier dit só saam met hulle

Nov 29, 2019

Met die Kersgety wat nader staan, kom ’n mens agter dat alles ietwat stadiger begin gebeur in Suid-Afrika. Die skole staan op sluit, die laaste jakarandas is met dwarrelende donderstorms uit die strate van Pretoria gespoel en die hitte van ’n regte Somerkersfees het reeds toegeslaan. In die winkelsentrums speel al wat ’n Kersliedjie is al sedert die eerste week van November. Dit is nie ’n verrassing dat die vakansieseisoen binnekort sy opwagting maak nie.

Terwyl die begin van Desember ’n vreugdevolle tyd is waartydens ons vol verwagting uitsien na ’n see- of bosvakansie en Kerslysies wat deur die kleinspan opgestel word, hou dié tyd van die jaar ook diep verlange en nostalgie in. Met Kerstyd dink ons altyd aan die neefs en niggies of die broers en susters wat aan die ander kant van die wêreld die viering op hulle eie voortsit. Dit is in dié tyd dat ons terugdink aan familie-etes op Oukersaand, aan saam geskenke oopmaak en selfs aan die goedkoop klappers wat met ’n knal ’n pen of sleutelhouer oplewer. Hier is ’n paar maniere om Kersfees saam met jou geliefdes daar ver te vier as die gemis te erg raak.

Skype

Indien jul tydsones nie drasties verskil nie kan jul altyd vir Kersete met mekaar Skype. Hoewel dit dalk vreemd kan voel, sal die samesyn definitief die hele familie se Kersfees opkikker. Skype het tans 300 miljoen gebruikers en met sy videofunksie wat tot 25 persone kan akkommodeer, is dit die opsie vir ’n familie wat oor meer as twee plekke versprei is. Loer by www.skype beste.com/en/ na hulle dienste.

WhatsApp-oproepe

As die gemis te erg raak en jy graag die familie se stemme wil hoor, is WhatsApp se oproepfunksie ideaal (veral vir dié wat minder tegnologies aangelê is). Oproepe werk op die foon se data, daarom is dit irrelevant of die oproep internasionaal gemaak word as die toepassing op al twee partye se fone geïnstalleer is. Die oproep kom soos ’n gewone selfoonoproep deur en die kwaliteit van die oproep is deesdae uitstekend. Die funksie is dus ideaal vir persone wat nie Skype het nie maar ’n goedkoop alternatief soek om met geliefdes te kommunikeer.

Pakkie van De Afrikander Handelshuis (www.afrikander.com)

Indien jy ’n geskenk wil stuur, is De Afrikander Handelshuis jou eenstopwinkel vir alles wat uniek en Afrikaans is. Plaaslike aflewering per koerier vind binne drie werksdae plaas (dus kan julle hul webadres tot kort voor Kersfees vir al die familie oorsee stuur). De Afrikander Handelshuis lewer ook binne sewe werksdae reg oor die wêreld af. Die webtuiste is daarom ideaal vir die stuur van unieke Suid-Afrikaanse produkte op eie bodem en internasionaal. Besoek hul by www.afrikander.com en plaas sommer ʼn bestelling wat jou geliefdes se gesigte op Kersdag sal laat ophelder.

Touchnote-kaartjies

Dié gebruikersvriendelike toepassing kan gebruik word om jou eie Kerskaartjies op jou tablet, foon of rekenaar te maak. Ná voltooiing van jou ontwerp word die kaartjies gedruk en enige plek ter wêreld afgelewer. Loer gerus by https://www.touchnote.com na hulle dienste.

Dié Kerstyd hoef nie slegs nostalgie na die verlede te wees nie. Dit is die ideale geleentheid om nuwe herinneringe saam met jou geliefdes te bou, waar hulle ook ter wêreld bly. Met dié paar wenke sal vanjaar se Kerstyd wees wat dit veronderstel is om te wees – ’n fees!

 

Meer oor die outeur

Charl Oberholzer

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest