Leesvordering:

Japan – Top-9-plekke om te besoek

Aug 2, 2019

Japan is ’n unieke bestemming in die wêreld. Of jy nou die Rugby Wêreldbeker gaan kyk of net hulle ryk kultuur wil gaan beleef, doen jou huiswerk voor jy gaan! Japan bestaan uit 6 852 eilande, het die kortste roltrap ter wêreld (vier trappe), is die tuiste van meer as ’n dosyn UNESCO-wêrelderfenisgebiede en is natuurlik die geboorteplek van soesji. Maar waar begin ‘n mens as jy van die vliegtuig afklim?

Rugby Wêreldbeker

As jy die Rugby Wêreldbeker-wedstryde meemaak, gaan jy sekerlik in Tokio begin. Die Springbokke se eerste wedstryd teen Nieu-Seeland is sowat 30 km van Tokio af in die internasionale stadion in Yokuhama.

Daar is baie om in Tokio te doen. Met sy 37 miljoen inwoners is Tokio die grootste stad ter wêreld, en daar is ’n magdom ervarings wat jy op jou lysie moet afmerk. Jy kan die Tsukiji-vismark besoek of na die Owakudani-vallei toer. Die Springbokke se volgende wedstryd is byna 300 km van Yokuhama af in die Toyota-stadion teen Namibië. Daarna gaan al die Springbok-ondersteuners Shizuoka toe waar Suid-Afrika teen Italië speel en dan na Kobe City vir die Bokke se laaste poelwedstryd.

Doenlysie vir Japan

Proe bier in Sapporo

Die Sapporo Biermuseum brou al sedert 1877 bier en het ’n uitstekende uitstalling van die geskiedenis van bierbrouery in Japan. Langs die biermuseum is daar ook die Sapporo-biertuin waar met verskeie restaurante. Proe gerus die bekende Jingisukan-gereg, wat na Genghis Khan vernoem is, daar.

Ontspan by die Toya-meer se warmwaterbronne

Die Toya-meer is ’n vulkaniese meer in die Shikotsu-Toya Nasionale Park. Die meer is ongeveer 10 km in deursnee en is omring deur warmwaterbronne. Dit is ideaal vir dag se ontspanning in die beeldskone natuur.

Eet seekos in Hakodate

Die stad Hakodate is op die Hokkaido-eiland. Alhoewel plaaslikes gereeld daar vakansie hou, kom daar min internasionale toeriste. Hakodate is dié plek om seekos te eet. Japan eet die meeste vis ter wêreld – 7,5 miljard ton per jaar. Dit is 10% van alle vis wat jaarliks gevang word. Jy kan ook die Kanemori Red Brick Warehouse besoek om inkopies te doen.

Besoek Hiroshima

Hiroshima is sekerlik een van Japan se bekendste toeriste-aantreklikhede. Besoek die Vredesmonument (ook die Atoombomkoepel genoem) wat opgerig is nadat Amerika in 1945 ‘n atoombom op dié gebied laat val het.

Kyk robotte in die Robot Restaurant

As jy in Japan is, moet jy robotte sien – en daar is nie ‘n beter plek as die Robot Restaurant in Tokio nie. Laserligte, sangers, dinosourusse en robotte – betree ’n ander wêreld waar jy drie keer per dag ’n onvergeetlike 90 minute lange optrede kan sien.

Gaan kyk na soemo-stoeiers

In Tokio kan jy ook op ’n toer gaan om soemo-stoeiers in aksie te sien tydens hulle oggendoefenroetine. Daar is verskeie oefensentrums reg oor die stad waar jy elke dag oefeninge kan bywoon.

Beleef virtuele realiteit

Japan is aan die voortou van tegnologie en hulle virtuele pretparke is iets besonders. Die grootste en nuutste park is in Shinjuku; dit bied talle aanloklikhede soos Mario Kart, Dragon Ball en Ghost in the Shell. Nog ’n opsie is Zero Latency in Tokio waar tot ses mense gelyktydig met VR-brille kan saamspeel. Die VR Park Tokyo bied speletjies aan waar jy in ’n reënwoud kan rondloop of in ‘n oorlogsone rondhardloop.

Besoek ‘n troeteldierkafee

Japan is wêreldwyd bekend vir sy katkafees waar jy ’n koppie koffie kan drink terwyl jy ’n troeteldier vertroetel. Jy kan nou al veel meer as net katte streel; daar is ook varke, uile, honde, hase, bokke, eekhorings, jakkalse en reptiele. Dit is ’n unieke manier om ’n drankie saam met vriende te geniet, en boonop is dit baie goed vir stresverligting. Buiten dierekafees het Japan ook diensmeisiekafees waar kelnerinne in Franse diensmeisiekostuums jou soos ’n meester behandel. Japan is inderdaad uniek!

Bly in ’n ryokan

’n Ryokan is ’n tradisionele Japanse hotel met gedeelde badkamers en openbare areas. Dit is ’n unieke ervaring om in ’n minimalistiese kamer op ‘n tatami (Japanse strooimat) of ’n futon (‘n soort matras) te slaap en ’n yukata (’n Japanese kamerjas) en pantoffels te dra. Sekere van dié hotelle het ook warmwaterbaddens waar jy ’n outentieke ervaring van Japan kan kry.

As jy dié nege ervarings agter die rug het, het jy Japan omtrent ervaar! En onthou, terwyl jy daar is moet jy natuurlik soesji, sasjimi (rou vis met rys), tempoera (diepgebraaide vis), jakitori (hoendersosaties), miso (vis- of varksop) en soekijaki (beesvleis met sojasous) proe.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest