Leesvordering:

Jopie Fourie afgestof en nóú beskikbaar

Mei 21, 2020

Met Kraal Uitgewers se nuwe digitale platform, Kraal Afgestof, word ouer geskiedeniswerke afgestof om ’n nuwe, gedigitiseerde baadjie aan te trek. Herontdek verskeie bekende, minder bekende en selfs vergete geskiedenisboeke uit ons geskiedenis met Kraal Afgestof. Die eerste boek op die Afgestof-boekrak, Jopie Fourie: ’n Lewenskets, is onlangs vrygestel en is nou aanlyn beskikbaar by www.kraaluitgewers.co.za. Dié platform is gratis beskikbaar aan alle nuusbriefintekenare.

Fourie, waarskynlik die bekendste held van die Rebellie van 1914, het in die ure vóór sy dood ’n aantal briewe aan sy volk, sy vrou en familie geskryf. Nadat hy op 19 Desember 1914 skuldig bevind is aan verraad (omdat hy as lid van die Unie-Verdedigingsmagte aktief aan die Rebellie deelgeneem het) is die vonnis gelewer. Dit is minder as 24 uur later voltrek. Ten spyte van die emosies wat sekerlik in sy binneste moes woed in dié tyd, het hy in ʼn brief aan sy volk ’n treffende oproep gelewer. Sy “vermaning”, soos hy dit self stel, is eenvoudig, maar dra nou nog net soveel betekenis as tydens die worstelinge van 1914: “Wees getrou tot die dood. Wees getrou aan u tradisies, aan u taal en aan u volk.” Sy dood voor ’n vuurpeleton om 05:00 op Sondag 20 Desember 1914 het geweldige ontsteltenis onder Afrikaners veroorsaak. Lees meer oor Jopie se laaste oomblikke in Jopie Fourie: ’n Lewenskets, nou beskikbaar op die Kraal Afgestof-boekrak.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest