Leesvordering:

Joshua na die Reën reik nóg ‘n treffer uit!

Feb 7, 2020

Die multi-bekroonde musikant, Joshua na die Reën, wat in 2014 naam gemaak het met sy selfgetitelde debuut-album – waarvoor hy verskeie Ghoema-toekennings, ’n Huisgenoot Tempo- en ’n Woordfeestoekenning ontvang het – is terug met sy derde enkelsnit, STERRENET, vanaf sy album, SOMERAARDE, wat reguit met die hart praat.

Die eerste twee enkelsnitvrystellings, Soos in Nou en Soos die Wind het binne enkele dae na uitreiking radiostasies, landswyd, se trefferparades oorgeneem en vir weke aaneen daarop gepryk.  Hierdie liedjies word steeds op hoë rotasie op radiostasies in Suid-Afrika en Namibië gespeel.

STERRENET is ’n kontemporêre popsnit uit sy eie pen en pas netjies in die besonderse styl wat dié veelsydige kunstenaar soveel jaar terug kom vestig het en waaroor sy aanhangers so gaande is.

“Ek en my dogtertjie, Anán, het so drie jaar terug een aand op ons huis se stoep gesit, toe sy my uit die bloute vra om na die sterre te kyk,” vertel hy. “Toe ek my aandag daarop fokus, besef ek hoe lank terug ek laas die sterre waardeer het. Toe Anán vir my sê om na die sterre te kyk, het haar woorde vir my amper geword soos ’n net wat my vang uit my gejaagde skedule en pas waarteen ek soms leef, en my net weer bewus maak van iets mooi en konstant soos die sterre en daaruit is die naam en idee vir die liedjie gebore.”

Hierdie besonderse lied spog met ’n opgewekte, speelse ritme en die lirieke sal aanklank vind by gehore van alle ouderdomme. “Ek weet almal sê dit altyd, maar wanneer ’n mens kinders kry, beleef jy weer baie dinge waarvan jy al vergeet het. Hopelik is die doel wat STERRENET bereik om iemand weer die mooi en opwindende dinge van die lewe te laat voel,” verduidelik hy oor die betekenis agter die woorde en wysie.

Joshua na die Reën het reeds drie suksesvolle albums op sy kerfstok en het – buiten vir Huisgenoot Skouspel en Gospel is Groot – al die verhoog met gesoute kunstenaars soos Elvis Blue, Jak de Priester, Amanda Strydom, Laurika Rauch, Richard van der Westhuizen en Die Heuwels Fantasties gedeel.

Hy is ook deel van die musiek beweging, Musiek Soos Grond, saam met sy vriende en mede-musikante, Lizandra Winter, Len Muller, Kaleidoskoop, Leon Gropp, Liani Reynolds en Douvoordag.

“Daar was al ’n hele paar hoogtepunte in my musiekloopbaan, maar vir my bly dit ’n groot voorreg om tydens optredes musiek te kan maak saam met vriende wat regtig naby aan my hart is,” meen hy.

Die sanger, wat eersdaags ’n babaseuntjie ryker word, verklap dat hy baie opwindende planne vir die toekoms het, wat heel moontlik ’n toer na Europa (saam met sy orkes) gaan insluit. Oor dié opwindende moontlikheid, sê hy: “Ek sien ongelooflik uit daarna om my musiek met die mense daar anderkant te deel.”

As ’n mens Joshua na die Reën se vorige prestasies in ag neem, weet jy sommer dat STERRENET ’n reuse treffer gaan wees wat vir hom nog ’n hele paar aanhangers gaan inpalm.

Die liedjie is beskikbaar op sy album SOMERAARDE by www.jndr.co.za

 

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/JoshuaNaDieReen

Twitter: @JoshuaNaDieReen

Instagram: @joshuanadiereen

Webblad: www.jndr.co.za

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest