Leesvordering:

Joshua na die Reën stel eerste enkelsnit vanaf nuwe album vry!

Mar 7, 2019

“… Stuur ’n rooksein, ek hou die lug al lankal dop. Ek het jou nodig, hierdie ding speel met my kop. Ek wil verander, sonder jou bly als doodstil staan…”

Die gewilde musikant en liedjieskrywer, Joshua na die Reën, is terug met die mooiste melodie en lirieke wat beloof om direk met jou siel te praat.

SOOS IN NOU is die eerste vrystelling vanaf sy derde ateljee-album, Someraarde, wat vanaf middel April 2019 op die rak beskikbaar sal wees en gaan voortbou op die kontemporêre wenresep waarvoor hy bekendheid verwerf het, maar ook ’n splinternuwe pop-element in sy musiek gaan bekend stel.

Dié enkelsnit, uit die musikant se eie pen, is geïnspireer deur sy liefde daarvoor om oor die lewe te filosofeer, asook die soeke na rigtingwysers op die lewenspad wat aandui dat verandering nodig is én die besef dat jy die dinge wat jou terughou moet laat gaan. “Ek ervaar die lewe soms taamlik intens. Wanneer ek bly is voel ek regtig bly, maar wanneer ek af voel sukkel ek soms om sin te maak van dinge. Op een of ander manier delf ek in daardie tye deur die bogrond van my siel en kom dan darem uit by dit wat onder dit lê,” verduidelik hy. “Ek verstaan self nie alles wat die mens in sy wese ervaar nie, maar ek weet wel dat wanneer ek in die oggend die blou lug sien, ek besef dat daar genoeg is om oor tevrede te wees. Tog bly dit ’n uitdaging om in jouself te ervaar dat jy genoeg is, en dat daar iemand daar buite is wat jou nodig het net soos wat jy is.”

SOOS IN NOU is tans oppad na radiostasies landswyd en ’n musiekvideo van dié emosiebelaaide liedjie sal ook binnekort beskikbaar wees.

Die bekroonde kunstenaar, Joshua na die Reën, bekoor luisteraars reeds sedert die vrystelling van sy debuutalbum, Joshua na die Reën, in 2014. Sedertdien het hy al verskeie musiektoekennings, waaronder verskeie Ghoema-musiektoekennings (Joshua na die Reën), ’n Huisgenoot Tempo-toekenning, ’n SAMA-toekenning (Die Wêreld Binne My) en ’n Woordfees-toekenning ingepalm en temaliedjies vir verskeie flieks – Vir Altyd (vir die lokettreffer met dieselfde naam) en Voshaarnooi (vir die lokettreffer Ballade vir ’n Enkeling), televisieprogramme en –veldtogte geskep.

Buiten vir Huisgenoot Skouspel en Gospel is Groot, het dié veelsydige ster ook al die verhoog met gesoute kunstenaars soos Elvis Blue, Jak de Priester, Amanda Strydom, Laurika Rauch, Richard van der Westhuizen, Die Heuwels Fantasties en nog vele ander gedeel.

SOOS IN NOU het ’n opbouende wysie wat verweef is met ander sterk musiekelemente en betekenisvolle lirieke wat onmiddellik sal aanklank vind by gehore van alle ouderdomme. Dit is die perfekte lusmaker vir sy komende album, waarna musiekliefhebbers al so lank uitsien.

SOOS IN NOU is nou op alle digitale platforms beskikbaar.  Volg die skakel om die liedjie nou aan te skaf:

iTunes:  https://itunes.apple.com/za/album/soos-in-nou-radio-release/1454838170?i=1454838173

Deezer: http://www.deezer.com/album/89080732

Spotify: https://open.spotify.com/track/5t0HmilUiZXsakAPHNSnMA?si=eWeHEN_gSH27XHMcRBxpew

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest