Leesvordering:

Jou volgende reis begin hiér: 103 lande waarheen Suid-Afrikaners sonder ’n visum kan reis

Feb 27, 2020

’n Suid-Afrikaanse paspoort, wat soms die “groen mamba” genoem word, is ongelukkig een van die paspoorte wat ’n mens redelik beperk met lande waarheen jy kan reis sonder ’n visum. Arton Capital het die nuutste paspoortindeks aan die begin van 2020 bekendgemaak en daar is nou 103 lande waarheen Suid-Afrikaners sonder ’n visum kan reis. Hierdie sogenaamde “onbruikbare” paspoort moet egter nie ’n hindernis wees tot jou reise om die wêreld nie. Soos Leo Mirani skryf: “Die feit dat my bestemmings gekies was deur die burokrate van die wêreld, het verrykende, onvergeetlike vakansies tot gevolg gehad.”

Jou volgende reis begin dus hiér:

Afrika

Verbeel jou jy word wakker met die geluide van olifante en hul kalfies wat plek-plek takke afbreek op pad na die watergat, of voëltjies se liedjies saam met die gedruis van ’n waterval. Miskien ruik jy die soet geure van Tsalala of wierook met sy kenmerkende spesery-ondertoon. Miskien verkies jy die stadiger aspekte van ’n ontspanningsvakansie, en wil elke oggend op ’n strand wakker word met water so blou, jy moet jouself knyp om uit te vind of dit werklik is. Die klanke, kleure en reuke van Afrika is ryk, wild, onvoorspelbaar en opwindend. Voor jy jou tassie pak vir ’n reis oorkant die water, ontdek die wonder van jou eie kontinent. Afrika is oop aan almal wat dit durf aanpak. Jy leer meer oor ander kulture as jou eie, maar jy beleef ook die pragtigste kontinent op aarde eerstehands. Dis tóg iets om oor te spog by jou oom in koue Londen.

Dié Afrika-lande kan jy besoek sonder om vooraf aansoek te doen vir ’n visum:

Angola

Madagaskar *

Somalië *

Benin

Malawi

St. Helena *

Botswana

Mauritanië *

Swaziland

Kaap Verde-eilande *

Mauritius

Tanzanië

Comores-eilande *

Mosambiek

Togo *

Ethiopië *

Namibië

Tunisië

Gaboen

Uganda *

Ghana *

Rwanda *

Zambië

Guinee-Bissau *

Senegal

Zimbabwe

Kenia

Seychelle *

Lesotho

Sierra Leone *

Midde-Ooste

Terwyl jy so deur Afrika toer, maak sommer ’n draai by ons vriende in die noorde. Die Midde-Ooste bied ’n besonderse geleentheid vir ’n meer eksotiese vakansie. Reis na Katar en beleef van die wêreld se grootste en hoogste wolkekrabbers, of leer meer oor Armenië se ryk geskiedenis. Ervaar die eeue oue kulturele rykdom van die Midde-Ooste deur dié lande met jou “groen mamba” te besoek:

Armenië *

Israel

Katar

Georgië

Jordanië *

Iran *

Palestynse gebied

Asië

Asië bied baie meer as sushi, noedels en ander interessante kosse. Die kontinent is so uiteenlopend soos ’n Chinese speelgoedwinkel. Is jy braaf genoeg om Mount Everest te trotseer? Of is dit ’n belangstelling in Buddhisme wat jou prikkel om Nepal te besoek? Is die besige strate met interessante straatkosse van Thailand iets wat jou mond laat water? Of is dit die wêreld se geliefkoosde branderplankbestemmings van Indonesië wat jou paspoort laat brand in jou sak? Moenie bekommerd wees nie – jy kan dit en meer sien, al wat jy nodig het is jou paspoort en lus vir die lewe. Dié lande in Asië verwelkom jou met ope arms:

Kambodja *

Maleisië

Sri Lanka *

Hong Kong (SAR China)

Maldives *

Tadjikistan *

Indonesië

Nepal *

Thailand

Kirgizstan *

Fillippyne

Oos-Timor *

Laos *

Singapoer

Macao (SAR China)

Suid-Korea

Die Amerikas

Hulle sê alles is groter en beter in Amerika, maar ongelukkig is ons paspoort nog te klein. Gelukkig is Suid-Amerika die naasbeste. Die indrukwekkende bergreekse in Machu Picchu, die wilde strande met kristalhelder water in Panama, of die kleurryke natuurskoon van Ecuador is genoeg om enigiemand na ’n bietjie Latynse geurigheid te laat smag. Uno, dos, tres – hier is die paspoortstempels van Suid-Amerika wat jy in jou Suid-Afrikaanse paspoort kan kry sonder ’n visum:

Argentinië

Ecuador

Nicaragua

Belize

El Salvador

Panama

Bolivië *

Falkland-eilande

Paraguay

Brasilië

Guatemala

Peru

Chili

Guyana

Uruguay

Costa Rica

Honduras

Venezuela

Europa:

Europa is gewoonlik die eerste bestemming op enige iemand se aftiklysie, maar benewens die voorspelbare Parys, Italië en Spanje, het Europa eintlik soveel meer om te bied. Die gasvryheid van Ierland gaan gepaard met dieselfde liefde vir rugby as ons. Rusland se gekompliseerde, dog interessante, geskiedenis beloof om wonders op te lewer in museums en gedenkplekke, terwyl Kosovo se koffiekultuur jou ’n behoorlike huppel in jou stap sal gee. Ignoreer die algemene gunstelinge en verryk jou kennis deur dié plekke in Europa visum-vry te besoek:

Ierland

Kosovo

Russiese Federasie

Karibiese Eilande

’n Huisie by die see is tog iets waarvan almal droom. Verbeel jou, jou huisie langs die see is so te sê in die water en dit wemel van seelewe rondom jou. Die Karibiese Eilande is ’n idilliese wegbreek van die roesemoes van die stad. Vergeet van jou kwale en stres terwyl jy rum drink in Barbados, of eksotiese voëls raakloop in Trinidad en Tobago. Die wêreld is jou oester in die Karibiese Eilande, waar die dae lank en die lewe salig is. Onthou jou sonskerm en plakkies wanneer jy sonder ’n visum na dié plekke reis:

Antigua en Barbuda

Dominikaanse Republiek

St. Lucia

Bahamas

Grenada

Sint Vincent en die Grenadine

Barbados

Haiti

Trinidad en Tobago

Britse Maagde-eilande

Jamaika

Turke en Caicos-eilande

Cayman-eilande

Montserrat

Dominica

St. Kitts en Nevis

Nog wyer:

As al hierdie opsies nog nie genoeg is om jou te oortuig van ’n wêreldreis sonder sorge óf ’n visum nie, besoek dié minder bekende juwele:

Cook-eilande

Mikronesië

Samoa *

Fidji

Niue

Tuvalu *

Marshall-eilande *

Palau-eilande *

Vanuatu

Daar is só baie om te sien in onwaarskynlike plekke. ’n Visum hoef beslis nie ’n struikelblok te wees nie. Onthou hierdie goue reël vir wanneer jy jou volgende vakansie beplan: moenie jou bestemming kies nie, laat hy jou kies.

* ‘n Visum word met jou aankoms in die land uitgereik, dus het jy nie nodig om vooraf na ‘n ambassade te gaan nie, dit word reeds op die lughawe in die betrokke land uitgeklaar.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest