Leesvordering:

Juan Boucher stel musiekvideo van sy troue vry

Jun 8, 2021

JUAN BOUCHER EN SY SHAMODENE DEEL SPESIALE OOMBLIKE VAN HULLE GROOT DAG IN NUWE MUSIEKVIDEO!

Juan Boucher het beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie bekroonde sanger, met sy growwe stem, lekkerluister-lirieke en ritmiese musiek, het oor die jare diep in sy ondersteuners se harte kom inkruip.

Vandag, stel hy ‘n splinternuwe musiekvideo bekend. En hierdie is nie sommer net ‘n gewone video nie. Dit is ‘n video van hom en sy vrou, Shamodene, se troue!

“Ons het op 24 Maart 2021 in Nylstroom (Modimolle) by die Kutaba Bush Lodge getrou. Ek het die liedjie TROU vir haar ook op ons troue gesing,” vertel Juan.

Die video is ‘n kompilasie van die gebeure van die twee se spesiale dag. Wanneer daar vir hulle gevra word wat vir hulle spesiaal was op die dag en wat hul aan mekaar beloof het, sê hulle die volgende: “Juan: Ek trou met jou vandag vir altyd, my fondament bedrywigheid. Shamodene: My man, ek sal jou liefhê vir ewig en jy bestaan in my soos jy in my toekoms gestaan het.”

Die video is deur Quintin Jansen van Rensburg (Q-man) van Quin Media vervaardig.

 

Fotokrediet – Kreativ

SOSIALE MEDIA SKAKELS:

JUAN BOUCHER
Facebook: https://www.facebook.com/juanboucherpage/
Twitter: @juanboucher007
Instagram: @juanbouchersa

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest