Leesvordering:

Kalender van Geloftefeeste wêreldwyd: Beroep op Afrikaner-diaspora

Okt 22, 2021

DitsemBlits stel jaarliks ’n elektroniese nuusbrief op met ’n kalender van Geloftefeeste en die plekke waar dit gehou word – in Suid-Afrika sowel as in die buiteland. Die kalender is in 2020 vir die negende agtereenvolgende jaar saamgestel en gepubliseer.

Benewens die lys van 175 Geloftefeeste, het verlede jaar se kalender ook noodsaaklike inligting oor die onderskeie feeste, soos die tyd, venue, kontakbesonderhede van organiseerders, en enige ander relevante besonderhede bevat. Die 2020 Geloftefeeskalender is verlede jaar in digitale formaat wyd oor die internet versprei.

Die kalender, wat enig in sy soort is, motiveer Afrikaners opnuut om die Gelofte van Bloedrivier na te kom en dien as aanmoediging vir mense om ’n Gelofteherdenking by te woon. Dit is veral toepaslik in die kritieke tye en omstandighede waarin die Afrikaner homself tans bevind.

Ons het egter insette van Afrikaners in die buiteland nodig om 2021 se Geloftefeeskalender saam te stel en dit wyer na die Afrikaner-diaspora in die buiteland te versprei. Ons vra dus dat mense wat betrokke is by die herdenking van die Gelofte van Bloedrivier op 16 Desember, vir ons inligting oor jul Geloftefeeste en die gepaardgaande reëlings sal stuur.

Of, indien jy weet van iemand wat moontlik betrokke is by die reël van ’n Geloftefees of

-diens in die buiteland, stuur vir ons hul naam en kontakbesonderhede. Ons sal dit waardeer as alle inligting teen 26 Oktober 2021 vir ons gestuur word.

’n Spesiale Facebook-groep is geskep vir die Gelofte van Bloedrivier. Klik op hierdie skakel om by die groep aan te sluit.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest