Dit sal ’n huppel in jou stap sit, of sommer laat voel asof jy pens en pootjies in die botter geval het, want By wyse van spreke (saamgestel deur Rina Malan) beloof om ure se blokkiesraaiselpret te verskaf. Met 100 spreekwoordraaisels waarin nagenoeg 4 000 spreekwoorde vervat is, sal dié bielie van ’n blokkiesraaiselboek jou laat kopkrap, raai én meer leer oor die wonderlike spreekwoorde, idiome en vaste uitdrukkings wat Afrikaans so kleurryk maak en dinge al te lekker op die tong laat val! Dié boek word uitgegee deur Kraal Uitgewers en sal volgende week amptelik tydens die viering van Afrikaanse Taaldag bekendgestel word. Bestel jou kopie sommer vandag nog hier teen slegs R100.

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Pin It on Pinterest