Leesvordering:

Is kapitaalwinsbelasting betaalbaar in Suid-Afrika as die belastingbetaler in die buiteland woon?

Jul 12, 2017

deur Fanus Jonck 

Ek het die volgende navraag ontvang: Is ek as ’n nie-inwoner aanspreeklik vir kapitaalwinsbelasting as ek Suid-Afrikaanse aandele verkoop?

Antwoord:

Kapitaalwinsbelasting (KWB) op die verkoop of geagte verkoop van eiendom in Suid-Afrika deur nie-inwoners is slegs van toepassing op die verkoop of geagte verkoop van ’n bate op of ná 1 Oktober 2001. Nie-inwoners is aanspreeklik vir KWB op die belasbare kapitaalwins wat op die volgende bates gemaak is:

  • Onroerende eiendom in Suid-Afrika (byvoorbeeld grond en geboue);
  • Enige reg of belang in onroerende eiendom in Suid-Afrika (byvoorbeeld ’n langtermynhuurooreenkoms);
  • Aandele in ’n maatskappy waarvan 80% of meer van die markwaarde van sy netto bates uit onroerende eiendom in Suid-Afrika bestaan, en waar die nie-inwoner direk of indirek 20% of meer van die aandele van die maatskappy besit; en/of
  • Bates van ’n permanente oprigting in Suid-Afrika (byvoorbeeld die tak van ’n buitelandse maatskappy).

Nie-inwoners wat aandele op die JEB verkoop, sal nie in Suid-Afrika op die wins daarvan belas word nie. Die volgende vraag is dus: Is jy ’n nie-inwoner vir belastingdoeleindes? Jy sal wees as jy formeel geëmigreer het of as dit duidelik is dat jy nie terugkom nie, d.w.s. jy werk nie vir ’n maand in die buiteland en keer dan vir ’n maand na Suid-Afrika toe terug nie. Mense wat permanent in die buiteland werk en minder as die helfte van die afgelope vyf jaar in Suid-Afrika was en elke jaar minder as 91 dae in Suid-Afrika was, word vir belastingdoeleindes as ’n nie-inwoner beskou.

Gestel so ’n persoon het Sasol-aandele in 2005 teen R100 per aandeel gekoop en Suid-Afrika toe in 2010 verlaat toe Sasol-aandele elk R220 werd was. Hy wil dié aandele nou in 2017 teen R400 per aandeel verkoop. Tegnies moes hy sy kapitaalwins verklaar het in die belastingjaar waarin hy as nie-inwoner vir belastingdoeleindes gekwalifiseer het. Sy geagte wins sal dus R120 wees (R220 minus R100). Enige groei sedert hy as ’n nie-inwoners vir belastingdoeleindes gekwalifiseer het (d.w.s. totdat hy die aandele teen R400 elk verkoop het), is dus nie in Suid-Afrika belasbaar nie.

Jy is welkom om die belastingkonsultant Fanus Jonck by tax@jonck.net met enige belastingnavrae te kontak.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest