Leesvordering:

Kersfees in die Verenigde Arabiese Emirate

Des 13, 2021

Terwyl die begin van Desember ’n vreugdevolle tyd is waartydens ons vol verwagting uitsien na ’n see- of bosvakansie en Kerslysies wat deur die kleinspan opgestel word, hou dié tyd van die jaar ook diep verlange en nostalgie in. Met Kerstyd dink ons altyd aan die kinders en kleinkinders of die broers en susters wat aan die ander kant van die wêreld die viering op hulle eie voortsit. Ons het die week met Thinus van der Westhuizen gesels om te hoor hoe hulle Kersfees in die Verenigde Arabiese Emirate vier.

  1. Is daar interessante Kersgewoontes en -tradisies, of besondere disse?

Hier is dit ’n mengelmoes van kulture – in die Verenigde Arabiese Emirate sal jy mense van ’n klomp verskillende lande kry. Maar as geheel, selfs al is dit in ’n land in die Midde-Ooste, word Kersfees op ’n baie tradisionele Europese manier gevier.
Ek dink wat vir my die beste van die land is, is hoe baie verskillende rasse en kulture hier kan saamleef en vir mekaar kan respek toon; dit wys maar net wat kan gedoen word.
Kersvader kom dalk nou net meer op ’n kameel voor as op ’n koets.
Toe ek in Mosambiek was, het ons met ’n tradisionele “dhow” van die see af gekom strand toe, waar die kinders vir ons gewag het.

  1. Is daar mooi Kersliggies in jou buurt of ’n nuwe Kersfeesgier wat kop uitsteek in jou land?

Die land is nogal bekend daarvoor dat mense uit hulle pad gaan met vuurwerke en Kersfeesliggies. Hulle doen spele, nou ook met hommeltuie wat dans en dit is nogal ’n nuwe belewenis.
Ek dink ook die mense in Dubai kyk wie kan vanjaar die grootste Kersboom bou.

  1. Verkies jy bekende tradisionele eetgoed en vierings of vier jy Kersfees op nuwe maniere?

Soos vroeër genoem, kom die meeste van die mense in die land eintlik van die buiteland, en toe ons Kersfees-“brunches” gehou het, het ons dit baie tradisioneel gehou. Dit het ook vir die mense daardie smaakherinneringe van die huis gebring, wat baie spesiaal was.

Vertel ook sommer jou staaltjies van vorige Kersvieringe. Foto’s is natuurlik ook welkom!


In Mosambiek het ek op Bazaruto-eiland gewerk. Daar was kinders wat baie min gehad het, en van die hotelgaste het Kersfees vir die kinders gaan kuier en ’n dag daarvan gemaak. Dit was ongelooflik spesiaal, om die hartlike vreugde te sien wat in daardie kinders se oë was.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest