Leesvordering:

Kersfees in Frankryk

Des 9, 2021

Terwyl die begin van Desember ’n vreugdevolle tyd is waartydens ons vol verwagting uitsien na ’n see- of bosvakansie en Kerslysies wat deur die kleinspan opgestel word, hou dié tyd van die jaar ook diep verlange en nostalgie in. Met Kerstyd dink ons altyd aan die kinders en kleinkinders of die broers en susters wat aan die ander kant van die wêreld die viering op hulle eie voortsit. Ons het die week met Louise Uys gesels om te hoor hoe hulle Kersfees in Frankryk vier.

  1. Is daar interessante Kersgewoontes en -tradisies, of besondere disse (stuur asseblief daardie resepte)? Ja, ’n hele paar in Frankryk. Elke jaar hou elke dorpie ’n Kersfeesmarkie. In ons dorpie het is daar ’n groot Ferriswiel en klomp houthuisies wat crêpes met Nutella, en churros verkoop.

Elke jaar om Kerstyd is die winkels gepak met verskillende soorte Adventskalenders, kinders hou veral van dié met sjokolade. Hulle kan elke dag ’n sjokolade eet en die dae aftel tot Kersfees. Dit is natuurlik vir hulle baie lekker om vir 25 dae van Desember om 06:00 in die oggend sjokolade te eet.

Die winkels verkoop ook foie gras wat eendlewerpatee is. Dit is ’n vreeslike storie. Die eende en ganse word vet gevoer tot hulle amper tien maal so groot is en dan word die lewer gebruik vir hierdie spesiale delikatesse. Dit word gewoonlik op ’n baguette gesmeer of ’n soutkoekie.

  1. Is daar mooi Kersliggies in jou buurt of ’n nuwe Kersfeesgier wat kop uitsteek in jou land?

Ons dorpie lyk vreeslik mooi met al die liggies, en dit is altyd groot opwinding om deur die dorp te ry en na alles te kyk, veral omdat dit al teen 18:00 in die aand donker is.

  1. Hou jy by die ou tradisionele eetgoed en vierings of vier jy Kersfees op nuwe maniere?

Ek dink ons hou maar Kersfees op ons eie manier. Ons koop gewoonlik ’n regte Kersboom. Neem mooi foto’tjies by die boom in ons Kerstruie.

Ons kyk Kersfeesflieks van die skool op 19 Desember sluit tot en met Kersdag. Ons gaan speel in die sneeu in die wintervakansie. Daar is ’n hele paar ski-plekke naby aan ons dorpie, so ’n daguitstappie na die sneeu is vreeslik lekker.

Ons doen ’n Bybelse Advent vanaf 1 Desember tot en met 24 Desember. Elke aand lees ons ’n vers wat gaan oor die afwagting en geboorte van Jesus, en elke aand kan een van ons seuns ’n klein geskenkie oopmaak wat pas in die Nativity set. Op Kersdag maak ons vir Jesus oop.

Vir Kersete maak ons gewoonlik lambsboud met pampoentert of ’n ander soet groentegereg, en natuurlik groenboontjies met aartappels soos wat ons oumas dit gemaak het, met rys en sous. Nagereg is gewoonlik malvapoeding en vla of ’n Franse Kersfeessjokoladekoek.

  1. Vertel ook sommer jou staaltjies van vorige Kersvieringe. Foto’s is natuurlik ook welkom!

In 2019 het ons saam met vriende van ons, ook Suid-Afrikaners, besluit om ’n toer te doen. Ons doel was om te kyk hoeveel Kersmarkies en natuurlik ook toptoeristebesienswaardighede in die dorp ons kon besoek asook om van die puik pasteitjies in daardie area te proe. Ons was onder andere in Besancon, Zürich, München, Staatsburg, Alsace, Heidelberg, Rothenburg ob der Tauber en Colmar.

Kersaand was ons in ’n Airbnb en ons het letterlik ’n mikrogolf en ketel gehad. So toe koop ons ’n draaispithoender en bykos by Picard (wat ’n winkel is wat die lekkerste gevriesde kosse verkoop, en heerlike Kerspoeding in mooi vormpies) en ons het vroeër die dag by een van die Kersmarkies sulke heerlike sjokolade gekoop. Die tafel was heel oulik gedek met mooi goed.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest