Leesvordering:

Kersfees in Switserland

Des 7, 2021

Terwyl die begin van Desember ’n vreugdevolle tyd is waartydens ons vol verwagting uitsien na ’n see- of bosvakansie en Kerslysies wat deur die kleinspan opgestel word, hou dié tyd van die jaar ook diep verlange en nostalgie in. Met Kerstyd dink ons altyd aan die kinders en kleinkinders of die broers en susters wat aan die ander kant van die wêreld die viering op hulle eie voortsit. Ons het die week met Michelle Vosloo gesels om te hoor hoe hulle Kersfees in Switserland vier.

  1. Is daar interessante Kersgewoontes en -tradisies?

Natuurlik eet die mense in Switserland die meeste sjokolade in die wêreld en dus is ’n Adventskalender ’n moet in ons huis. Ons sal beetlanterns maak met kersies in en in die straat loop en liedjies sing. Daar is oral openbare, opelug ysskaatsbane wat ons gereeld besoek.

2. Hou jy by die ou tradisionele eetgoed en vierings of vier jy Kersfees op nuwe maniere?

Sovêr as wat dit moontlik is, keer ons terug na waar ons vandaan kom vir Kersfees en geniet ’n tradisionele braai. Indien dit nie moontlik is nie hou ons ’n potjie in die sneeu.

3. Is daar enige ander interessante tradisies in Switserland?

Ja,die Kersbome hier is regte bome en nie van plastiek nie. Kort na die nuwe jaar hou die Switsers ’n Kersboomvreugdeviering en almal bring hul boom en brand hom terwyl hulle warm wyn en brood geniet! 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest