Leesvordering:

Kersfees in Oman

Des 14, 2016

Om oor die Kerstyd 12 308 km van die huis af te wees, verg mannemoed en lang Skype-sessies! Hierdie jaar is ek vir die eerste keer tydens Kerstyd in Oman. Maar hierdie jaar kry ek die grootste geskenk nóg: my familie kom kuier vir my hier in die woestyn! Dis hul eerste besoek aan Oman en ons sien vreeslik daarna uit om hierdie tyd saam te kan geniet. Ons het baie dinge beplan, maar op Oukersaand word daar behoorlik Kersfees gevier! 

Daar het die afgelope jaar of twee ooglopende veranderinge hier in Oman tydens die feesseisoen plaasgevind. Vroeër jare was daar geen teken van enige Kersvierings nie; nou verkoop die winkels hier al selfs Kersbome en Kersversierings. Dit wys jou hoe tegemoetkomend hierdie wonderlike land en sy mense is! Dit bly ’n voorreg! Ons vriende se ouers kom ook en ons het besluit om ’n lekker Suid Afrikaanse Oukersaand te hê. Daar word selfs Secret Santa gespeel en elkeen moes ’n naam uit ’n hoed trek sodat daar darem ’n geskenk oorhandig kan word. Die meeste van ons wat hier bly, hoop en bid natuurlik vir ’n lekker pakkie uit Suid-Afrika met allerlei eetgoedjies en so ou stukkie biltong sal ook nie te versmaai wees nie. Ons sien vreeslik uit na die heerlike samesyn en die absolute voorreg om ons familie hier by ons te kan hê. Dit is nou nie dieselfde as ’n lekker vuur en somersaand in Suid-Afrika nie, maar ons maak verseker die beste van ons tyd hier. Ons hoop maar dat Kersvader iewers op die lughawe ’n ou ekstra geskenkie in die tas gooi voordat die familie hier voet aan wal hier sit.

Phillip Grobler

 

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

Deur Leandie Bräsler Tegnologie ontwikkel op ’n daaglikse basis. Dieselfde kan gesê word van kinders se vermoë om te boelie: Boeliegedrag wat eens net op die skoolterrein of op die skoolbus plaasgevind het, het nou beweeg na boeliegedrag deur die gebruik van...

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest