Leesvordering:

Kersfeesvieringe in Kanada

Jan 9, 2019

Deur Cathy Kotzé

Hierdie was ons sewentiende Kersfees in Kanada.

In Nanaimo op Vancouver Eiland waar ons woon is sneeu selde ’n deel van Kersfees, maar ons het dit ook in 2009 beleef.

Kersfees in Kanada is vrolike versierde huise, buite en binne. Ons s’n se binnekant lyk soos ’n gemmerkoekhuisie: liggies, ’n hele paar Kersbome, ’n miniatuur dorpie, en talle Bethlehem-stalle met fyn porseleinfiguurtjies.

Ek en my kleindogter bak soetkoekies, Romany Creams, gemmerkoekies en meer – net soos ek en ons kinders in Suid-Afrika gedoen het. Ons Kersete is ’n Suid-Afrikaanse fees van gebraaide vleis, soetpatats, gebakte aartappels, rys en groente.

Kanadese het ’n oop hand oor Kersfees en ek twyfel of hier een kindjie is wat nie ’n Kersgeskenk kry nie. Kanadese skenk duisende splinternuwe geskenke aan liefdadigheidsorganisasies wat dit regoor die land uitdeel.

Ons maak ook kos- en kontantbydraes aan voedselbanke. As mens so oud soos ons raak, is jou behoeftes minder. Ons, soos baie Kanadese, koop klein geskenkies vir mekaar en maak eerder ’n skenking aan welsynorganisasies.

Ongelukkig het Kersvader ook in Kanada belangriker geword as Jesus, maar hier is gelukkig steeds Kerssangers (Christmas Carollers) wat Kersliedjies vir ons by die huis kom sing.

’n Geseënde Feestyd aan almal by Wêreldwyd.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest