Leesvordering:

Kersgroete uit die Verenigde Koninkryk

Des 8, 2020

Dit is met ’n gevoel van aangename verrassing dat ons besef dit is al weer amper Kersfees. Dié vreemde jaar het inderdaad baie positiewe en negatiewe belewenisse ingehou.

Anton kon sedert Maart van die huis af werk en ons kon in ons dertigste huweliksjaar baie meer tyd saam deurbring. Wat ’n seën. Ons het die tyd hierdie jaar gebruik om na te dink oor die verlede; ons het herinneringe opgeroep aan geleenthede en vakansies voor 2020, en was geseënd om ’n vakansie tuis in Cornwall en Dorset in die Verenigde Koninkryk te kon geniet. Ons het heerlike, lang staptogte in Londen se koninklike parke onderneem. Vroegoggend het Anton langs die Teems en in Bushy Park fietsgery.

Ons het die TV afgeskakel en na regstreekse uitsendings van Sonja Herholdt, Laurinda Hofmeyr, Ben Schoeman, Johan en Rachel de Cock, Phantom of the Opera, Love Never Dies, ens. geluister. Veral Chris Else se gospel- en aanbiddingsessies Sondagaande het in 2020 ’n groot verskil in ons lewens gemaak.

Ons het die plekke ondersteun wat tydens die inperking oop was. Een van ons gunstelingrestaurante vir vis en skyfies en ’n wandeling langs die promenade is South Sea Beach Cafe in Portsmouth, net ’n uur ver met die motor. Ons plaaslike boeremark is uitstekend en ons het vanjaar baie Suid-Afrikaanse vars produkte gekoop. Limpopo Biltong in Twickenham het ’n deurrydiens begin vir noodsaaklike boerewors, biltong, ens. ’n Suid-Afrikaanse maatskappy, Mustard Foods, het restaurantstyl bevrore maaltye gratis by die huis afgelewer. Hulle het ons lewenslange ondersteuning omdat hulle gedurende hierdie moeilike tye oopgebly het.

Ons het wel ons vriende en familie wat ver is gemis en het weer eens besef hoe kosbaar hierdie verhoudings is – iets wat ons meer as enigiets anders waardeer.

En nou is dit amper tyd vir ’n welverdiende ruskans, ’n tyd om te beplan vir volgende jaar wanneer dinge hopelik weer normaal sal wees. Ons hoop dat reis binnekort weer vir almal moontlik sal wees. Alhoewel die omstandighede steeds moeilik is, is baie strate in die Verenigde Koninkryk met liggies versier en probeer almal om die buiteruimtes ten beste te benut vir Kersmarkte, inkopies en om te eet. Ons gaan op 20 Desember die Kerssangdiens in Hampton Court Palace bywoon en hoop om buite met vriende te kan gesels. Vir Kersfees gaan ons soos altyd kus toe. Die natuur en die buitelewe is altyd vertroostend.

’n Belangrike les wat ons in 2020 geleer het, is om die beste van elke dag te maak, binne die perke van die wet en met die beskikbare middele. Elke gesprek met vriende en familie is ekstra spesiaal totdat ons hulle weer kan sien en omhels.

Ongeag die omstandighede is daar altyd die hoop op ’n beter toekoms. Ons wens almal ’n wonderlike Kersfees en ’n uitstekende nuwe jaar toe. Liefde het reeds oorwin. Gaan in vrede totdat ons weer gesels.

Anton en Ronel van Zyl
Londen, VK
https://ronelvanzyl.blogspot.com

Meer oor die outeur

Ronel van Zyl

’n Passie vir die lewe Ek is ’n Britse Suid-Afrikaner wat in Londen woon en my passie vir Londen, Groot-Brittanje, my geboorteland Suid-Afrika, geleenthede en my reise deel. Ek is ’n vryskutfotograaf en het altyd my kamera by my. Ek glo ’n foto sê baie meer, daarom vang ek graag spesiale oomblikke in beeld vas. Lees Ronel se blog by https://ronelvanzyl.blogspot.com

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest