Leesvordering:

Kies ʼn betroubare immigrasie agentskap

Aug 21, 2018

Breytenbachs Immigration Consultants ontvang dikwels oproepe om hulp van wanhopige mense wat slagoffers van immigrasie-swendelary of swendelmaatskappye was. Ongelukkig ontvang ons ook oproepe om hulp van mense wat verkeerde raad gekry het van wettige immigrasie-agentskappe.

Ongelukkig is daar in die immigrasiebedryf, net soos op alle ander sakegebiede, onbetroubare en selfs oneerlike agente. Dit is dus maklik om die slagoffer te word van gewetenlose of onervare immigrasie-agente wat net in geld belangstel en nie in die kliënt se belange nie.

Maar hoe kies jy die beste immigrasie-agent om jou te help?

Breytenbachs is sedert 1998 in die immigrasiebedryf. Ons het ons kliënte asook ervare konsultante gevra om ʼn paar wenke te gee oor hoe om die beste immigrasie-agent/-prokureur te kies.

Wenke om die beste immigrasie-agent te kies
  1. Die belangrikste is om jou huiswerk behoorlik te doen. Moenie die eerste agent kies wat jy op die internet of in ʼn koerantadvertensie kry nie. Vra rond, want mondelinge verwysings van mense wat jy ken is dikwels die beste manier om die beste en betroubaarste immigrasieagent op te spoor.
  2. Besluit wat is die belangrikste eienskappe wat jy in ʼn immigrasie-agent wil hê en soek dan daarvoor wanneer jy jou huiswerk doen. As kliëntediens en tydigheid vir jou belangrik is, maak seker dat jy dit kry wanneer jy navraag doen. As diens van die begin af swak is, kan jy verwag om altyd so behandel te word.
  3. Moenie net op geld fokus nie. Daar is ʼn rede waarom tariewe laag is. Vergelyk jou kwotasie met dié van ander maatskappye en soek een met redelike en verkieslik vaste tariewe. Party maatskappye het selfs ʼn beleid van “Geen visum, geen fooi nie”.
  4. Wees versigtig vir ʼn maatskappy wat slegs op geld fokus eerder as om eers seker te maak dat jy wel in aanmerking kom vir ʼn sekere visum of permit.
  5. Kyk na die maatskappy se prestasierekord. Het hulle gekwalifiseerde en ervare personeel in diens? Hoe lank doen hulle al sake? ʼn Maatskappy sal nie jare lank oorleef as hulle nie betroubare diens lewer nie.
  6. Wie is die bestuurder of hoof van die firma? Sal jy toegang tot dié persoon hê as iets skeefloop, en is dit iemand met ʼn goeie reputasie wat omgee?
  7. As jy onseker is oor ʼn maatskappy, vra die maatskappy vir verwysings. Moenie skaam wees om dit op te volg nie.
  8. As jy twyfel, soek agtergrondinligting op die internet. Gaan kyk op webwerwe soos Hello Peter of daar klagtes oor die maatskappy is.
  9. Wees versigtig as die maatskappy van tyd tot tyd naamsveranderinge ondergaan het. Dit beteken hulle probeer om van hul slegte reputasie ontslae te raak.
  10. Laastens, maar nie die minste nie, vertrou jou instink. As jy ongemaklik voel, of as iets te goed lyk om waar te wees, soek verder na iemand anders!

Breytenbachs Immigration Consultants spesialiseer in immigrasie-aangeleenthede in Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk. Hulle help Suid-Afrikaners en ander nasionaliteite al van 1998 af om na en van Suid-Afrika te verhuis.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest